![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
“Pundu is een van die laastes van sy soort,” sê Khaia. “En, Timo, jy is
dalk ons enigste hoop om hulle te red.”
’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en
karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer. Jig! Tom verstaan
nie wat aangaan nie. Hoekom kry hy skielik elke dag aaklige
toebroodjies vir skool? Sy ma weet mos hy hou nie van tuna nie! Het die
tweeling dalk iets daarmee te doen …?
Voel jy ooit asof jy nie heeltemal inpas nie? Jy is nie alleen nie! In
die nuutste Hondman staar ons dapper hond sy grootste
uitdaging nog in die gesig. Hondman word onregverdig beskuldig en tronk
toe gestuur. Terwyl sy vriende sy onskuld probeer bewys, moet Hondman
uitvind waar hy werklik hoort. Kan hy sy plek in beide die honde- en
mensewêreld vind?
Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees? Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!
’n Aktiwiteitsboek met 160 bladsye propvol tawwe tongknopers, lawwe rympies, woorsoekblokke, skaterlagvrae, grappies, raaisels, idees vir poetse, ’n snaakse storie en nog baie meer! In die klaskamer, in die motor of by die huis – elke bladsy van dié boek is volgeprop met prettige dinge om te doen, te ontdek, te soek en te sê.
Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in nuwe ’n spogbuurt
intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is
onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach – die
spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige
huishoudster daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak
voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te
keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie,
Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek.
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hienia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
Ná ’n skrikwekkende ervaring by die sirkus, het Werner een
reël: Bly weg van narre! Maar wanneer sy suster vir Billy huis toe
bring – ’n antieke harlekynpop – word Werner se
ergste nagmerrie waar. Sy suster dring aan dis net ’n onskuldige
speelding . . . maar dan begin daar vreemde goed in die huis gebeur.
Werner moet sy grootste vrees in die gesig staar om Billy te vernietig
– voordat die nagmerrie permanent word.
Tobie vind uit sy beste maat gaan trek. Dit voel asof ’n olifant op hom geval het. Alles gaan aaklig wees sonder Lennie. Hulle bly al van kleins af langs mekaar. Hulle is albei mal oor krieket. Hulle lag vir dieselfde grappe. Hulle albei hou van pizza sonder pynappel. Waar gaan hy weer ’n maat soos Lennie kry? Tobie besluit om ’n plan te maak – ’n plan wat iemand die horriepiep gaan gee!
Wanneer 'n rondreisende pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede
opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom
gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. Alhoewel hulle
aanvanklik skepties is oor die hele gedoente, neem hulle vrywillig deel
aan 'n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit
net ’n skadelose toertjie? Want sedert die vreemde Madame Zelda hulle
op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin . . .
anders. Iets vreemds is besig om in hul stil klein dorpie te gebeur.
Hoekom tree mense so snaaks op? Wat gebeur met hulle wanneer hulle die
park in die nag besoek? En wat van daardie swart kraai wat elke
beweging fyn dophou? Johan en sy vriende is vasbeslote om die waarheid
te ontbloot - voordat Madame Zelda se duistere planne almal in gevaar
stel.
Hierdie is ’n boek oor feetjies. Daar is net een probleem … om elke
hoek en draai kruip monsters weg wat lawwe poetse bak. Is daar ooit
enige feetjies in hierdie boek?
Krok hou van speel … maar hy hou nie daarvan as iemand hom kielie nie. Dil hou van skool … maar hy hou nie van stilsit nie. Dil hou van Krok. En Krok hou van Dil. Krok en Dil is beste maats … en hulle sal jou laat skater van die lag! Krok en Dil gaan skool toe bevat drie skreeusnaakse strokies: Krok gaan skool toe, Sit stil, Dil! en Hik! Die grafiese roman is perfek vir beginnerlesers!
Wanneer Mosela se stat vernietig word deur wreedaardige seerowerpikkewyne, moet sy ’n gevaarlike reis aandurf om die Muiskoning te waarsku. Sy moet die Uitverkorene vind wat bestem is om Rodentia te red. Khova, die magtige Toweruil, het al die regte kenmerke. Daar's net een probleem: Khova is die irriterendste, mees arrogante dier wat Mosela nog ooit ontmoet het! Sal hulle die koninkryke kan oortuig om saam te staan teen die vyand?
Wilson se lewe is, net soos haar naam, ietwat buitengewoon. Sy woon
saam met haar ouers in 'n huis op wiele en moet elke paar maande na 'n
nuwe dorp trek. Dit frustreer haar baie. Amper so baie soos Errol. Hy
het onlangs besluit dat Wilson sy beste maat is en dat sy hom moet
vergesel op vervelige uitstappies soos voëlkyk. Net toe Wilson dink dat
Verkeerdevlei net so vervelig gaan wees soos al die ander klein dorpies
waar sy al gewoon het, ontdek sy iets uitsonderlik - iets wat ten alle
koste geheim gehou moet word. Maar dan raak dinge gevaarlik ... Iemand
is daarop uit om wraak te neem, en niks en niemand gaan hom stuit nie -
veral nie twee kinders nie.
Patat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg. Vroegoggend begin
die hele trop bobbejane kos soek. Partykeer is daar nie genoeg kos in
die berg en op die strand nie. Dan moet hulle dorp toe gaan. ’n Kwaai
man wil vir Patat en Mamma uit ’n lukwartboom jaag. Maar die vrou en
dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier het nie. Patat
weet nou hulle het vriende in die dorp.
Druppel baljaar saam met Mamma in die vlak water. Die dolfyntjie raak
vriende met Leila, ’n dogtertjie wat saam met haar pa op ’n
branderplank ry. Van toe af speel hulle elke oggend tog te lekker saam.
Een vreeslike oggend draai daar plastiek om Druppel en Mamma, en hulle
spoel op die strand uit. Leila kry hulle daar. Sy en haar pa doen alles
wat hulle kan om hulle nuwe vriende te red.
Danser bly saam met sy familie in die vlei. Die perde loop wild rond en
is baie skaam. ’n Fotograaf neem foto’s van hulle vir ’n kalender. Die
mense hou baie daarvan. Eendag bring die fotograaf ’n seuntjie in ’n
rolstoel saam. Danser vergeet om skaam te wees. Hy doen allerhande
lawwe dinge om die seuntjie te laat glimlag. Dit word ’n baie spesiale
dag en die seuntjie belowe om weer te kom kuier.
Minki se verjaardag is om die draai.
Wanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy
terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by ’n onwettige vegklub
om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou.
Moeg vir jou planeet se troeteldiere? Bestel vandag nog ‘n troeteldier
van ‘n ander planeet!
Van ’n teddiebeer wat lewend word, tot ’n snotmonster wat ’n koshuis terroriseer en ’n spookmeisie wat in die middel van die nag in jou oor fluister. Hierdie bundel bevat 11 naelkou-lekker kortverhale deur twee skrywers wat presiés weet hoe om al die hare op jou kop regop te laat staan. Die laaste storie is boonop ekstra spannend en onvoorspelbaar, aangesien dit as ’n aflosverhaal geskryf is – een hoofstuk elk, afwisselend deur hierdie twee grilverhaal-meesters. |
You may like...
Inside Life In Wall Street, Or, How…
William Worthington Fowler
Hardcover
R1,111
Discovery Miles 11 110
The Ultimate Guide To Retirement In…
Bruce Cameron, Wouter Fourie
Paperback
Gripping GAAP 2024/2025 - Your Guide To…
Cathrynne Service
Paperback
(1)R1,540 Discovery Miles 15 400
Business Research Methods
Christina Quinlan, Barry Babin, …
Paperback
|