![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
“Pundu is een van die laastes van sy soort,” sê Khaia. “En, Timo, jy is
dalk ons enigste hoop om hulle te red.”
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales. Die stories is ’n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksie-Omnibus (2002) en Liewe Heksie en die rekenaar (2001). Vian Oelofsen se pragtige illustrasies laat hierdie klassieke stories en karakters weer leef!
Lewensgeluk begin by liefde vir die Here – Spreuke 1:7
Bobbob die robo-meerkat en die Kalahari-kloutjie is die eerste titel in
’n reeks grafiese kinderverhale. Die hoofkarakter, Bobbob, is ’n robot
van die planeet Ploemplaf. Wanneer sy ruimteskip reg bokant Suid-Afrika
neerstort, beland hy in die Kalahari. Tydens die atmosferiese impak het
9 Ploemplafstene van sy ruimteskip afgebreek, met 'n steen wat in elk
van die provinsies beland het. Bobbob kan slegs terugkeer na planeet
Ploemplaf indien hy al nege stene opgespoor het. Buite sy tuig skandeer
Bobbob die omliggende area en sien ’n meerkat. Hy besluit om sy
Ploemplafiaanse tegnologie in te span en die vorm van die meerkat aan
te neem om by die onbekende Suid-Afrikaanse omgewing in te pas. En so
begin Bobbob die robomeerkat se avonture deur Suid-Afrika . . .
Wanneer Bobbob se ruimteskip reg bokant Suid-Afrika neerstort, beland
hy in die Kalahari. Tydens die atmosferiese impak het 9 Ploemplafstene
van sy ruimteskip afgebreek, met 'n steen wat in elk van die provinsies
beland het. Bobbob kan slegs terugkeer na planeet
Wanneer die elfjarige Drico van Vuuren en sy ouers in nuwe ’n spogbuurt
intrek, dink hulle aanvanklik die ou, vervalle huis langsaan is
onbewoon. Maar dan ontmoet Drico vir Blanche Winterbach – die
spookmeisie wat saam met haar spookouers en hulle eienaardige
huishoudster daar woon. Drico en Blanche het skaars vriende geraak
voordat hulle moet saamstaan om die verkoop van die spoke se huis te
keer. Veral omdat Drico se melodramatiese kleinniggie,
Kirna-Aubrecia, langsaan wil intrek.
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending raak Boeboe die bobbejaantjie vermis en almal is bekommerd, want Hoohoeff Hienia is in die omtrek. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragtige illustrasies.
’n Aktiwiteitsboek met 160 bladsye propvol tawwe tongknopers, lawwe rympies, woorsoekblokke, skaterlagvrae, grappies, raaisels, idees vir poetse, ’n snaakse storie en nog baie meer! In die klaskamer, in die motor of by die huis – elke bladsy van dié boek is volgeprop met prettige dinge om te doen, te ontdek, te soek en te sê.
Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees? Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!
Ontdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde
spanningskrywers is met hierdie lekker omnibus wat twee van sy
gewildste verhale bevat. In Die speletjie laai Wouter 'n dodelike
rekenaarspeletjie af . . . Noudat die speletjie sy naam het, en mense
begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende
slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul
nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die
biblioteekjuffrou het ’n donker geheim . . .
’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en
karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer. Jig! Tom verstaan
nie wat aangaan nie. Hoekom kry hy skielik elke dag aaklige
toebroodjies vir skool? Sy ma weet mos hy hou nie van tuna nie! Het die
tweeling dalk iets daarmee te doen …?
Hierdie is ’n boek oor feetjies. Daar is net een probleem … om elke
hoek en draai kruip monsters weg wat lawwe poetse bak. Is daar ooit
enige feetjies in hierdie boek?
Krok hou van speel … maar hy hou nie daarvan as iemand hom kielie nie. Dil hou van skool … maar hy hou nie van stilsit nie. Dil hou van Krok. En Krok hou van Dil. Krok en Dil is beste maats … en hulle sal jou laat skater van die lag! Krok en Dil gaan skool toe bevat drie skreeusnaakse strokies: Krok gaan skool toe, Sit stil, Dil! en Hik! Die grafiese roman is perfek vir beginnerlesers!
Tobie vind uit sy beste maat gaan trek. Dit voel asof ’n olifant op hom geval het. Alles gaan aaklig wees sonder Lennie. Hulle bly al van kleins af langs mekaar. Hulle is albei mal oor krieket. Hulle lag vir dieselfde grappe. Hulle albei hou van pizza sonder pynappel. Waar gaan hy weer ’n maat soos Lennie kry? Tobie besluit om ’n plan te maak – ’n plan wat iemand die horriepiep gaan gee!
Ná ’n skrikwekkende ervaring by die sirkus, het Werner een
reël: Bly weg van narre! Maar wanneer sy suster vir Billy huis toe
bring – ’n antieke harlekynpop – word Werner se
ergste nagmerrie waar. Sy suster dring aan dis net ’n onskuldige
speelding . . . maar dan begin daar vreemde goed in die huis gebeur.
Werner moet sy grootste vrees in die gesig staar om Billy te vernietig
– voordat die nagmerrie permanent word.
Wanneer 'n rondreisende pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede
opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom
gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. Alhoewel hulle
aanvanklik skepties is oor die hele gedoente, neem hulle vrywillig deel
aan 'n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit
net ’n skadelose toertjie? Want sedert die vreemde Madame Zelda hulle
op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin . . .
anders. Iets vreemds is besig om in hul stil klein dorpie te gebeur.
Hoekom tree mense so snaaks op? Wat gebeur met hulle wanneer hulle die
park in die nag besoek? En wat van daardie swart kraai wat elke
beweging fyn dophou? Johan en sy vriende is vasbeslote om die waarheid
te ontbloot - voordat Madame Zelda se duistere planne almal in gevaar
stel.
Die meeste mense slaap Saterdae laat, maar nie Zander nie. Hy sit al
weer saam met sy ouers langs die rugbyveld om te kyk hoe sy broer hul
pa se sportdrome uitleef.
Danser bly saam met sy familie in die vlei. Die perde loop wild rond en
is baie skaam. ’n Fotograaf neem foto’s van hulle vir ’n kalender. Die
mense hou baie daarvan. Eendag bring die fotograaf ’n seuntjie in ’n
rolstoel saam. Danser vergeet om skaam te wees. Hy doen allerhande
lawwe dinge om die seuntjie te laat glimlag. Dit word ’n baie spesiale
dag en die seuntjie belowe om weer te kom kuier.
Druppel baljaar saam met Mamma in die vlak water. Die dolfyntjie raak
vriende met Leila, ’n dogtertjie wat saam met haar pa op ’n
branderplank ry. Van toe af speel hulle elke oggend tog te lekker saam.
Een vreeslike oggend draai daar plastiek om Druppel en Mamma, en hulle
spoel op die strand uit. Leila kry hulle daar. Sy en haar pa doen alles
wat hulle kan om hulle nuwe vriende te red.
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."
Patat slaap elke aand styf teen Mamma in die berg. Vroegoggend begin
die hele trop bobbejane kos soek. Partykeer is daar nie genoeg kos in
die berg en op die strand nie. Dan moet hulle dorp toe gaan. ’n Kwaai
man wil vir Patat en Mamma uit ’n lukwartboom jaag. Maar die vrou en
dogtertjie wat daar woon, gee nie om dat hulle kom kuier het nie. Patat
weet nou hulle het vriende in die dorp. |
You may like...
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts
Paperback
R185
Discovery Miles 1 850
|