Wanneer 'n rondreisende pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede
opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom
gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. Alhoewel hulle
aanvanklik skepties is oor die hele gedoente, neem hulle vrywillig deel
aan 'n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit
net ’n skadelose toertjie? Want sedert die vreemde Madame Zelda hulle
op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin . . .
anders. Iets vreemds is besig om in hul stil klein dorpie te gebeur.
Hoekom tree mense so snaaks op? Wat gebeur met hulle wanneer hulle die
park in die nag besoek? En wat van daardie swart kraai wat elke
beweging fyn dophou? Johan en sy vriende is vasbeslote om die waarheid
te ontbloot - voordat Madame Zelda se duistere planne almal in gevaar
stel.
'n Grillerige avontuur perfek vir dapper lesers wat nie bang is vir die
donker nie!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!