0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (14)
  • R50 - R100 (40)
  • R100 - R250 (472)
  • R250 - R500 (67)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Saartjie Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback): Bettie Naude Saartjie Omnibus 4 (Afrikaans, Paperback)
Bettie Naude
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 8 - 13 working days

In hierdie omnibus, wat nog drie boeke van die gewilde Saartjie-reeks bevat, gaan Saartjie en Galpil 'n weddenskap aan om te sien wie is bang vir spoke, Saartjie besluit dat die Drie Muskiete 'n kliek moet vorm, die groepie vriendinne reel 'n hipnose-konsert en Saartjie kry 'n kerel. Saartjie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Saartjie en die Drie Muskiete se avonture meegevoer word!

Liewe Heksie: Leesboek 4 (Afrikaans, Paperback): Verna Vels Liewe Heksie: Leesboek 4 (Afrikaans, Paperback)
Verna Vels; Illustrated by Vian Oelofsen
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 8 - 13 working days

In Liewe Heksie: Leesboek 4 vang Liewe Heksie 'n boef by Karel Kat se huis, kry sy haar eie koekoekhorlosie en reken sy met die Geelheks af by Koning Rosekrans se verjaardagpartytjie.

Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

Ruimteskip Aarde - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Ruimteskip Aarde - Onderwysersgids Graad 4 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die aarde is soos 'n ruimteskip saam met al die ander planete in die ruimte op reis. Die groot verskil tussen planeet Aarde en die ander planete is dat ons planeet in die ruimte duisende vorme van lewe saamdra. Flex verduidelik vir die Flixies van die bane waarin die planete om die son wentel en hoe die vorm van hierdie bane sorg dat ons verskillende seisoene het waarin die plante kan rus en kan groei.

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Ons Is Een (Afrikaans, Paperback): Refiloe Moahloli Ons Is Een (Afrikaans, Paperback)
Refiloe Moahloli
R160 R145 Discovery Miles 1 450 Save R15 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Ek en jy lyk dalk verskillend,
ons klink verskillend,
ons bly op verskillende plekke
en ons eet verskillende kos,
maar wanneer ek in jou oë kyk,
sien ek myself.
 
’n Warm, vertroostende boek oor vriendskap en ubuntu wat beide ons ooreenkomste en verskille vier.

Die boek is ook beskikbaar in Isizulu en Engels.

Badboek / Bath Book - By / Bee (Afrikaans, Bath book): Cuberdon Cuberdon Badboek / Bath Book - By / Bee (Afrikaans, Bath book)
Cuberdon Cuberdon
R115 R103 Discovery Miles 1 030 Save R12 (10%) Ships in 8 - 13 working days

Hierdie tweetalige (Afrikaans en Engels) badboeke kan ure se vermaak aan kleintjies verskaf. In hierdie badboek word kinders vertroud met verskillende diere, soos 'n by, pikkewyn, wurm, beer, seekat, kat, skaap en krap terwyl hulle die Afrikaans en Engels kan leer lees.

Die boeke is perfek vir badtyd en gewone speeltyd!

Biodiversiteit In Gevaar - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Biodiversiteit In Gevaar - Onderwysersgids Graad 6 (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R119 R110 Discovery Miles 1 100 Save R9 (8%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixie-stories is geskryf en word in die skole gebruik om twee groot krisisse aan te spreek: ’n omgewingskrisis en ’n geletterdheidskrisis. Ons planeet Aarde is in die nood en jong lesers en hul opvoeders moet bewus gemaak word van biodiversiteit en ons almal se verantwoordelikheid om te sorg vir die kwaliteit van lewe op Aarde.

Die Onderwysersgids sluit in:

  • ‘n Verduideliking van die onderrigstrategie wat gebruik word.
  • ‘n Verduideliking van watter begripsvaardigheid gebruik word en watter stap van die onderrigstrategie in daardie spesifieke boek toegepas moet word.
  • Hoogtepunte in die teks, met ‘n sypaneel wat die onderrigstrategie modelleer en die sleutelpunte in die teks vir toepassing uitlig.
  • Die sleutelwoorde wat in die inleidende bespreking uitgestal en gebruik kan word, word verskaf.
  • Werkblaaie met begripsaktiwiteite gebaseer op die storie word aan die einde van die gids ingesluit.
Toe Ons Oneindig Was (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Toe Ons Oneindig Was (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R210 R191 Discovery Miles 1 910 Save R19 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Kara Immelman se lewe is eintlik nogal uitgesorteer. Sy is in matriek en hoewel sy heeltemal te skaam is om gewild te wees, het sy vir Eduard, haar beste vriend van laerskooldae af. Sy is ook haar skool se topswemmer en die moontlikheid van ’n swembeurs wink. Al gebeur daar nie veel op die dorpie waar hulle woon nie, het sy en Eduard groot planne om eendag die wêreld te sien. Planne wat aangevuur word deur hulle gedeelde passie vir flieks. Wanneer Samantha egter op die toneel verskyn, herrangskik dit Kara en Eduard se hele bestaan. Want Sam is nie net onmoontlik mooi nie, sy speel ook volgens haar eie reëls.

Toe ons oneindig was, is die verhaal van ’n meisie wat nog altyd presies gedoen het wat van haar verwag is. Iemand wat so besig was om almal gelukkig te hou, dat sy nooit regtig probeer uitvind het wat háár gelukkig maak nie. Totdat sy een middag in ’n aantrekhokkie vir die heel eerste keer gesoen word. Dis ’n storie oor vriendskap en lojaliteit. Oor seksualiteit en vloeibaarheid. Maar bowenal is dit die verhaal van ’n meisie op ’n selfontdekkingsreis – die soort reis wat in ’n Hollywoodfliek hoort.

Ouma Hester En Die Superkomeet (Afrikaans, Paperback): Janie Oosthuysen Ouma Hester En Die Superkomeet (Afrikaans, Paperback)
Janie Oosthuysen
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by ’n gemene pakt met eienaardige ruimtewesens. As hulle sending misluk, is planeet Aarde in groot gevaar! Dis tyd om die ruimte in te snel. Die monsteragtige Molluske wag . . .

Om Jou te Ken (Afrikaans, Paperback): Cliffordene Norton Om Jou te Ken (Afrikaans, Paperback)
Cliffordene Norton
R180 R163 Discovery Miles 1 630 Save R17 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar met hulle krullerige hare, hoë wangbene en vol lippe, en toe hulle jonger was, was hulle onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword en al wat hulle nou in gemeen het, is die bloed in hulle are.

Toe die matriekgroep van Barkley-Wes op ’n toer na Kaapstad vertrek, ontdek Gabby dat Georgia se dagboek in haar rugsak is. Hulle ma’s het vir hulle identiese blou dagboeke vir hulle gekoop, en hulle deel ’n kamer, so dit kon maklik gebeur het dat sy die verkeerde dagboek ingepak het. Dit beteken waarskynlik ook dat háár dagboek in Georgia se besit is.

Kort voor lank kry Gabby se nuuskierigheid die oorhand en begin sy Georgia se dagboek lees. Wanneer Georgia daarvan uitvind, breek ’n volskaalse niggie-oorlog uit wat nie eens Kaapstad se besienswaardighede of hulle vriende se pogings om raad te gee, kan keer nie.

Gaan Gabby se verraad die niggies nog verder uitmekaar dryf of sal dit dalk daartoe lei dat hulle mekaar beter begin verstaan?

Die Rietrotte En Die Rotsgrot - Die Rietrotte: Boek 7 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Rotsgrot - Die Rietrotte: Boek 7 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R265 Discovery Miles 2 650 Ships in 2 - 4 working days

Daniël en sy vriende is al weer in die moeilikheid – hierdie keer by Peet én juffrou Faure. Hoe het hulle dit reggekry om die ergste matriekou en die ergste juffrou al twee gelyk teen hulle te hê?

Gelukkig nooi Antonie se pa hulle vir die naweek Kaap toe, sommer al van die Donderdagaand af. Hulle almal sien uit na ’n sorgelose naweek by die see, weg van hulle aartsvyande.

Maar daar gaan iets vreemds aan by die rotsgrot in die baai langsaan, en hulle gaan stel ondersoek in op ’n mistige middag …

Storieman - Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback): Leon Rousseau Storieman - Omnibus 2 (Afrikaans, Paperback)
Leon Rousseau
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Die Storieman-reeks wat in die 1980s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfel een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd. Hierdie omnibus-uitgawe is ‘n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feëverhale uit die bekende Storieman-reeks.

Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CD’s in. Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos “Fritz Deelman en die verlate tuin”,“Racheltjie de Beer” en “Ou Meneer Springer”, asook na die klassieke “Jakkals en Wolf”-stories. Hier is ook sprokies soos “Rooikappie” en “Raponsie” om weer van nuuts af te betower!

Storieman is so ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor . . . Storieman is daar! Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes!

Donker Web - Onderwêreld Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Donker Web - Onderwêreld Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Greg Owen, voormalige hoofseun van Lawson Kollege en kuberkraker van formaat, is 'n eerstejaar-Matie na die jaar waarin sy gesin se lewe uitmekaar val. Sy pa en Dok Pienaar is ontmasker as die Baker en die Candlestick Maker van Project Nursery Rhyme en is agter tralies. Maar wie en waar is die Butcher? Greg sal nie kan rus tot die derde lid van die gewetenlose driemanskap aan die pen ry nie. As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe . . .

Ster En Die Skugter Vyf (Afrikaans, Paperback): Henriette Linde-Loubser Ster En Die Skugter Vyf (Afrikaans, Paperback)
Henriette Linde-Loubser
R235 R210 Discovery Miles 2 100 Save R25 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Ster bly by haar broer en sy vrou op 'n plaas. Een nag word sy wakker en 'n erdvark staan langs haar bed, sy snoet op die lakens."Kom verken die wêreld saam met my," nooi hy. En so neem die erdvark vir Ster op 'n nag van snuffel en ontdek. Hulle gaan op ander nagtelike ontdekkingstogte daarna, want die erdvark wil vir Ster die ander skaam diere wys, die skugter vyf: die erdvark, oewerkonyn, Kaapse luiperd, ietermagog, en wit leeu. 

Nicole & Appelliefie 2: Die Heel Beste Geskenk (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Nicole & Appelliefie 2: Die Heel Beste Geskenk (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R100 R91 Discovery Miles 910 Save R9 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Nicole en Pappa trek in ’n nuwe huis in Kaapstad in ná die dood van haar ma. Die nuwe huis voel vreemd en leeg, en Nicole mis vir Mamma vreeslik.

Wanneer Nicole verjaar, neem Pappa haar na die middestad om roomys te eet en vir haar nuwe skoene te koop. Hier ontdek hulle ’n beseerde gansie wat hulle saamneem huis toe.

Hulle bure help Om die gansie gesond te kry en sommer gou voel die nuwe huis en straat soos ‘n ware tuiste.

Die Beste Kinderverse Van Tienie Holloway (Afrikaans, Hardcover): Tienie Holloway Die Beste Kinderverse Van Tienie Holloway (Afrikaans, Hardcover)
Tienie Holloway; Edited by Wendy Maartens; Illustrated by Alida Bothma
R342 Discovery Miles 3 420 Ships in 2 - 4 working days

Met Die beste kinderverse van Tienie Holloway kan jonk en oud van voor af die vreugde van Tienie Holloway-verse ontdek en in die proses terugkeer na die eenvoud van doodgewone dinge – padkos, pannekoek, pantoffels wat slof, touspring, ’n windpomp, waatlemoen, ’n toktokkie wat klop, of sommer net appelkooskonfyt op ’n sny brood!

Vandag is daar amper nie ’n generasie wat nie hier en daar ’n versreël of strofe uit ’n Tienie Holloway-vers onthou nie. Ongelukkig is haar bundels dun gesaai en nog net hier en daar op ’n biblioteekrak in ’n plattelandse dorp te vinde. Die beste kinderverse van Tienie Holloway is saamgestel deur Wendy Maartens en van pragtige volkleurillustrasies voorsien deur Alida Bothma.

'n Saak Van Lewe Of Dood (Afrikaans, Paperback): Alet Steenkamp, Nerine Ahlers 'n Saak Van Lewe Of Dood (Afrikaans, Paperback)
Alet Steenkamp, Nerine Ahlers
R195 R174 Discovery Miles 1 740 Save R21 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei.

Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet – die vervalle ou huis in die doodloopstraat se vuil swembad.

Maar dan ontdek hulle iets skokkends . . . en dit word ’n saak van lewe of dood.

Die Rietrotte En Die Rowers - Die Rietrotte: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Rowers - Die Rietrotte: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R265 Discovery Miles 2 650 Ships in 2 - 4 working days

Ná ’n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt ’n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly.

Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man ’n spioen in een of ander oorlog was, se papegaai moet oppas, maak die lewe nie juis makliker nie.

Tussendeur oefen die seuns kliphard vir die groot atletiekbyeenkoms in Johannesburg. Dié uitstappie ontaard egter in iets wat Daniël nie in sy heel wildste verbeelding sou kon voorstel nie.

Hoërskool is nie vir sissies nie!

Kies-Jou-Avontuur 3: Die Gevaarlikste Fliek Op Aarde (Afrikaans, Paperback): De Wet Hugo Kies-Jou-Avontuur 3: Die Gevaarlikste Fliek Op Aarde (Afrikaans, Paperback)
De Wet Hugo
R180 R161 Discovery Miles 1 610 Save R19 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Dieter is ’n ware fliekvlooi. Maar gaan al sy filmkennishom help as ’n hologramreus hom en sy tweelingbroer, Darius, na ’n virtuele fliekwêreld ontvoer? Hulle moet van ruimtewesens, booswigte en monsters vlug, saam met ’n superheld veg en nog meer – alles om vier fliekkaartjieste vind en te ontsnap. Maar wat het die ou wetenskaplike in die spookhuis op die bult daarmee te doen? 'n Kies-jou-eie-avontuur-storie propvol avontuur en naelbyt-aksie!

Husse Met Lang Ore (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Husse Met Lang Ore (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler; Illustrated by Alida Bothma
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sê is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie – hy mag nie eens sy trokke saamneem om te speel nie!

Husse met lang ore is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.

Speurhond Willem In Skotland (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Speurhond Willem In Skotland (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R190 R170 Discovery Miles 1 700 Save R20 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Hoofkommissaris Servin het 'n ou kasteel naby Edinburgh gekoop, maar 'n doedelsakspelende spook veroorsaak dat gaste hulle vinnig uit die voete maak! Willem en Adriaan moet kom help. Maar daar's ook 'n bende bankrowers doenig in Skotland en soos dit maar gaan, bevind Willem en Adriaan hulle kort voor lank in nog 'n speurtog, op die spoor van die Bandy-broers. 

Prinses Minna - Die Betowerde Woud (Afrikaans, Paperback): Kirsty Applebaum Prinses Minna - Die Betowerde Woud (Afrikaans, Paperback)
Kirsty Applebaum; Illustrated by Sahar Haghgoo
R205 R183 Discovery Miles 1 830 Save R22 (11%) Ships in 8 - 13 working days

Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy die slapende prins wakkermaak?

Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.

Die Rietrotte En Die Raaisel - Die Rietrotte: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Raaisel - Die Rietrotte: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

Dis die eerste oop naweek vir die graad 8’s. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos ’n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om ’n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het?

En dan is daar die mans met die swart pakke – wat niemand wat iets van hulle af weet lewend sal los nie … Wat sou dit wees waarna hulle soek?

Hoërskool is nie vir sissies nie!

Roomys Op Planeet Zork (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Roomys Op Planeet Zork (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Frank Lunar
R130 R118 Discovery Miles 1 180 Save R12 (9%) Ships in 5 - 10 working days

Riek en Niek het ’n plan …

’n Slim plan om SAKKE en SAKKE vol geld by die skool se markdag te maak.

Maar dan steel nare Nanja hulle idee.

En boonop vertel sy vir die HELE skool Riek en Niek gaan roomys maak wat soos blomkool en spinasie smaak …

BLÊG! NIEMAND gaan dit koop nie!

Kan Riek en Niek aan ’n plan dink om Nanja terug te betaal EN vet pret by die markdag te hê?

Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition): P.J. Schoeman Op Die Klein Spoortjies (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
P.J. Schoeman
R237 Discovery Miles 2 370 Ships in 2 - 4 working days

Wanneer Sakkibiaan, ’n seuntjie van Dorslandtrekkers, wegdwaal van sy familie terwyl hulle deur die Kalahari na Angola trek, maak groot hartseer gou plek vir groot avontuur. Sy pad kruis met dié van twee donker woestynmense en jagmaats: Doemdoempie en Gagaboemboem. Terwyl Doemdoempie met sy mooi hart graag sy nuwe wit broertjie wil help, wil Gagaboemboem met sy swart hart graag biltong van Sakkibiaan maak! Sakkibiaan moet vinnig die geheime taal van die woestyndiere en –insekte leer verstaan om met Doemdoempie kragte saam te span teen Gaggaboemboem en sy bende.

’n Wêreld vol geheimenisse ontvou namate Doemdoempie en Sakkibiaan met hul nuwe familie – waaronder die reuseboomsprinkaan Tjierlabaai, die rooioog-rivierwese Liewenatan en die mak silwerrugjakkals Peppitan – hul vyande moet trotseer en deur die Kalahari trek.

Uiteindelik lei die reis Sakkibiaan op ’n toweragtige pelgrimstog wat bewys: “Vir hulle wat nog nie al die vrae van die lewe kan beantwoord nie, lê daar nog ’n lekker lang pad voor met baie spoortjies daarop.”

Krok En Dil 3 - Krok Die Kok (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 3 - Krok Die Kok (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
R50 R42 Discovery Miles 420 Save R8 (16%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Due South - Through Tropics and Polar…
Joanna Vestey Hardcover R683 Discovery Miles 6 830
The Nansen Photographs
Geir O. Klover Hardcover R1,545 Discovery Miles 15 450
Dick Isherwood Mountaineer - An…
John Ashburner Hardcover R1,091 Discovery Miles 10 910
The Discoverie of the Large, Rich and…
Sir Walter Raleigh Hardcover R710 Discovery Miles 7 100
France: An Adventure History
Graham Robb Paperback R299 R271 Discovery Miles 2 710
The Art of Patience - Seeking the Snow…
Sylvain Tesson Hardcover R429 R390 Discovery Miles 3 900
Expeditionary Anthropology - Teamwork…
Martin Thomas, Amanda Harris Hardcover R2,849 Discovery Miles 28 490
Halfway House To Heaven - Unravelling…
Bill Colegrave Paperback  (1)
R470 Discovery Miles 4 700
The Ship Beneath the Ice - The Discovery…
Mensun Bound Paperback R360 R326 Discovery Miles 3 260
The Last Overland - Singapore to London…
Alex Bescoby Hardcover R495 R442 Discovery Miles 4 420

 

Partners