![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie! Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies toe sy hoor die ryskool beplan 'n piekniek in die veld. Al die ruiters en hul ponies mag spesiale kostuums dra. Lulu kan nie wag om 'n oulike kostuum vir haar en haar ponie te ontwerp nie! Sy droom immers daarvan om eendag 'n beroemde modeontwerper te word. Maar dan loop die uitstappie onverwags skeef - en Lulu beland pens en pootjies binne-in haar grootste avontuur nóg!
Die Flixies vertel van een van die belangrikste natuurlike hulpbronne, naamlik grond. Hulle gesels oor die waarde van grond vir plante, diere en mense, maar hulle is ook baie bekommerd... Al is die aarde so groot en al word dit met grond bedek, is daar eintlik maar bitter min grond waarin plante kan groei en wat bewerk kan word vir gewasse wat mense nodig het vir voedsel. Flex gebruik 'n bessie om hierdie kwessie aan die Flixies te verduidelik.
Lionel Afrika sou daardie oggend nooit kon raai dat hy en sy beste
vriend, Mitch, teen die aand op ’n ruimtereis sou gaan nie. Nog minder
het hy geweet dat hulle paaie baie ure later sou skei, en dat hy alleen
op ’n vreemde plek in die middel van die kosmos sou agterbly.
Is jy dapper genoeg om hierdie boek oop te maak? Wat gebeur as jy te lank in Dina se donker oë staar? Wat is fout met juffrou Kupido - en watter nare geheim steek sy in haar pousekosblik weg? Wat sal gebeur as 'n vampier en 'n zombie een nag kennis maak? Dis groot. Dis gruwelik. Dit gaan jou hoendervleis gee. Dis die lekkerste versameling grilstories wat jy nog ooit gelees het! Hierdie reuse-rilboek deur die gewilde Fanie Viljoen bevat 30 spokerige, grillerige en grieselige stories wat jou ure lank sal laat ril en gril - en laat smeek vir nog!
’n Pragtige storie oor vriendskap en liefde Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word. Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers. Hierdie storie gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie. Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die idee van beletha – die Zulu woord vir iets op jou rug dra. Deur hulle dinosourusse vir ’n piekniek te neem leer Nellie vir Sion die kuns van beletha en Sion begin besef dat sy klein lewe iets is wat die moeite werd is om te dra. Hierdie is ’n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.
ʼn Buitengewone reis na die buitenste ruim ...
Dramateks vir hoërskoolleerders (15+): Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen. Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is? Wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool - hulle vriende - hulle kindwees ... en dalk hulle drome. ʼn Kortfilm gebaseer op die teks verskyn in 2016. Fanie Viljoen se voorgeskrewe drama genaamd Betower die drama is tans by FET-skole voorgeskryf.
Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie. Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwelike SNEEUMAN is op hulle spoor. En hy soek die een met die yskoue hart ... om op te vreet! Gaan Padda se lewe in ’n grillerige grap eindig? Of gaan hy wys dat daar in elkeen van ons ’n held sit?
Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beindruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red? Rudi en Steven maak 'n snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om 'n meisie te probeer beindruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs 'n bynaam - die Vidiote. Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef ...
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal
nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie
is, gebeur altyd iets opwindends ...
Zackie en Vincent sien baie uit na die rugbytoer. Selfs al speel hulle nie vir die A-span nie. En selfs al dra hulle span se afrigter lipstiffie! Maar dan word die rugbytoer afgestel, en almal dink dis Zackie se skuld ...
’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige, bekostigbare dierestories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.
Dis die onstuimige tagtigerjare.
’n Seekaptein, ’n skattejag en spoke...
Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of 'n klomp meisies baie, baie vies maak - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus: 6. Zackie Mostert druk 'n drie 7. Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante 8. Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies 9. Zackie Mostert en die meisiemoles 10. Zackie Mostert en die baie beroemde hond
Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees
Terwyl Tom en sy ouma ’n kunsgalery besoek, dwaal hy af en bevind homself in ’n syvertrek waar hy ’n baie spesiale uitstalling raakloop … Hierdie boek is ’n aangrypende inleiding tot kuns wat deur kinders sowel as volwassenes geniet sal word.
Waarom is Sasha vandag so stil? Sy luister … Na die gedreun en getoeter van die motors in die stad, die gezoem van stemme in die winkels, die rustige gekoer van die duif in die tuin … En ’n wonderlike plan begin in haar kop broei.
Dit voel asof Thomas se lippe uiteindelik hul regte doel ontdek het … om Ella s'n te soen Thomas en Ella se wêrelde is ligjare van mekaar verwyder. Sy lewe in 'n wêreld van chauffeurs en rooi tapyte, satyn en pêrels. Hy is die bywoner in die buitekamer. Die ou wat die perfekte meisie rondry; nié die ou wat haar kry nie. Maar binne net ses weke kan baie dinge verander … Ella van der Spuy kan 'n klein entjie die toekoms in sien - 'n talent wat sy wens sy nié gehad het nie. Boonop is sy 'n ietwat rare verskynsel: 'n rykmanskind wat geen waarde aan geld heg nie. Toe sy aan die einde van haar graad elfjaar vir Thomas Edeling ontmoet, verander haar lewe ingrypend. Thomas het 'n passie vir motorfietse. Ella wil modeontwerp in Milaan gaan studeer. Thomas woon saam met sy familie op 'n kleinhoewe. Ella het amper nie familie nie. Om die waarheid te sê, is Thomas alles wat Ella nie is nie. Tog is daar onmiddellik 'n vonk tussen hulle. En die gebeure wat in die ses weke na hul ontmoeting afspeel, kon selfs Ella met haar derde oog nie voorspel het nie. Hierdie besonderse jeugroman, vertel deur beide Ella en Thomas se perspektiewe, is 'n humoristiese en aangrypende verhaal oor 'n somer romanse tussen twee jongmense wat uit verskillende wêrelde kom. Plaaslik val hierdie boek in dieselfde kategorie as Zelda Bezuidenhout se vorige jeugroman, As mens geluk kon proe. Dit kan ook vergelyk word met Die meisie op die dak deur Cecilia Steyn. Internasionaal val hierdie boek in dieselfde kategorie as kontemporêre jeugromanses soos To all the boys I've loved before en Always never yours.
Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos ’n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergo is ’n hunk. ’n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. Hierdie situasie spel vir haar net een woord: Moeilikheid. Veral toe Sergio se Franse vriendin, Veronique, van die uitnodiging hoor. En dit is nog voordat tannie Mon en Dienkie se niggie, Trish, in Parys aankom. Hoekom is twee onbekende mans op Trish se spoor? En hoe gaan hulle van die mans ontslae raak? Veral as Dienkie vir Sergio ook nog op ’n afstand moet probeer hou?
Hierdie stil, maar stemmingsvolle coming-of-age roman, beskryf die onwaarskynlike vriendskap tussen twee seuns soos hulle die oorgang na volwassenheid betree tydens die somervakansie aan die einde van hulle laaste skooljaar. Saam eksperimenteer hulle met hul nuutgevonde vryheid - met meisies, drank, en selfs vandalisme. Maar daar is ook besluite om te maak oor die toekoms. En beide van hulle word teruggehou deur moeilike gesinsverhoudinge.
Skaars drie maande terug was Lisa se lewe nog normaal. Hulle was ’n gesin, sy het vriende gehad en sy het geléwe vir ballet. Maar toe verander alles in ’n oogwink. Ná die bom bars, gaan haar ma vir drie maande oorsee, en Lisa moet by haar eksentrieke ouma gaan bly wat pienk tekkies dra en glo in lysies maak. Sy moet probeer aanpas in ’n nuwe skool waar alles onbekend is. En sy moet probeer vrede maak met wat gebeur het. Lisa is nie seker of sy kans sien vir hierdie nuwe begin nie. ’n Mens kan tog nie ’n delete-knoppie druk en al die aaklige dinge in jou lewe uitvee nie. Boonop is sy vasbeslote om nóóit weer te dans nie. En sy weier om met haar pa te praat, ná wat daardie vreeslike dag gebeur het ... Die enigste ligpunt is Jaco, haar ouma se buurseun met die donker oë, wat sy kort voor lank beter leer ken. Maar dit lyk of iemand daarop uit is om dinge vir haar en Jaco moeilik te maak. Sal Lisa die moed kan bymekaarskraap om weer alleen op ’n verhoog te stap en die wêreld in die oë te kyk? ’n Vars, boeiende debuutroman vir tieners oor die opdraandes én die lekkertes van grootword.
Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal
nie ... Dis immers die straat waarin Zackie Mostert bly! En waar Zackie
is, gebeur altyd iets opwindends ...
Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ... “Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer. Die weerwolwe wag vir hom ...
Niekie is weg, en niemand gee om nie. Sy is immers bekend vir haar
impulsiewe kunstenaarstemperament en het al voorheen vir ’n paar dae
pad gevat om te gaan skilder. |
You may like...
Turing's Revolution - The Impact of His…
Giovanni Sommaruga, Thomas Strahm
Hardcover
R4,107
Discovery Miles 41 070
Complexity and Real Computation
Lenore Blum, Felipe Cucker, …
Hardcover
R2,473
Discovery Miles 24 730
Conceptual Spaces: Elaborations and…
Mauri Kaipainen, Frank Zenker, …
Hardcover
R3,112
Discovery Miles 31 120
AI-based Metaheuristics for Information…
Apoorva S Shastri, Mangal Singh, …
Hardcover
R2,501
Discovery Miles 25 010
Numerical Time-Dependent Partial…
Moysey Brio, Gary M. Webb, …
Hardcover
Creativity in Computing and DataFlow…
Suyel Namasudra, Veljko Milutinovic
Hardcover
R4,204
Discovery Miles 42 040
An Introduction to Computational Science
Allen Holder, Joseph Eichholz
Hardcover
R3,370
Discovery Miles 33 700
|