0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (16)
  • R50 - R100 (48)
  • R100 - R250 (497)
  • R250 - R500 (41)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children

Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“ … Ons noem jou Mysti,†sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.†Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?

Sneeuman Swem (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Sneeuman Swem (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen; Illustrated by Luan Serfontein
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie.

Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwelike SNEEUMAN is op hulle spoor. En hy soek die een met die yskoue hart ... om op te vreet!

Gaan Padda se lewe in ’n grillerige grap eindig? Of gaan hy wys dat daar in elkeen van ons ’n held sit?

Stalmaats Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Lize Roux Stalmaats Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Lize Roux
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die gewildste perdestories in Afrikaans!

Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan 'n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandelde en hawelose perde by 'n skuiling te red - waar Anri en haar maats is, is daar altyd hope pret! Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir die res van die Stalmaats moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks!

Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:

* Komaan, Karen!

* Seeponies

* Roset

* Vrye Teuels

* Gevaar op Dagbreek

Zackie Mostert: Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Zackie Mostert: Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus!

Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad!

Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of 'n klomp meisies baie, baie vies maak - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak!

Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

6. Zackie Mostert druk 'n drie

7. Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante

8. Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies

9. Zackie Mostert en die meisiemoles

10. Zackie Mostert en die baie beroemde hond

Spooksoeker 2 (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Spooksoeker 2 (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

SPOKE BESTAAN NIE.
MOET DUS NIE BANG WEES NIE.
HULLE KAN JOU NIKS DOEN NIE.
MAAR WEET HÚLLE DIT?

Warno Alberts is onder die indruk dat hy 'n nuwe begin kan maak ná sy ontmoetings met spoke in Spooksoeker # 1. Ongelukkig is dit nie sy lot nie. Sy pad kruis weer met 'n reeks geheimsinniges en spoke. Nie net kom hy van aangesig tot aangesig met die berugte spookmeisie van Uniondale, die geheimsinnige man in swart, en die grusame bruid nie, maar hy ontdek ook die ander spooksoeker ...

Lukas Bou 'n Superkar (Afrikaans, Paperback): Peti Troskie Lukas Bou 'n Superkar (Afrikaans, Paperback)
Peti Troskie; Illustrated by Hjalmar Pretorius
R122 Discovery Miles 1 220 Ships in 4 - 6 working days

Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit?

Een Lukas, ‘n spul blokkies, een beste maat, ‘n boelie, ‘n kwaai juffrou en ‘n verlore wiskundeboek?

‘n Superkar!

Stoutsterte (Afrikaans, Paperback): Marianna Brandt Stoutsterte (Afrikaans, Paperback)
Marianna Brandt; Illustrated by Tanja Joubert
R270 R241 Discovery Miles 2 410 Save R29 (11%) Ships in 5 - 10 working days

In die gat onder die vloer van meneer Grootbroek se eetkamer hoor Pieta van Sterten die eerste keer van Jan van Riebeeck se beplande vertrek na 'n nuwe land. Daar en dan besluit hy: hulle gaan saam!

Justin Fortuin, Seerower (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Justin Fortuin, Seerower (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is ’n reënerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel? Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef ’n opwindende avontuur vol raaisels en geheime. Hulle kom ook op ’n ou seilskip af wat geanker is in ’n versteekte baai. Wat het dit met die kok Nicolas te doen? Is Nicolas dalk ’n seerower? Wie is Jessie, wat in die agterste kajuit van die skip aangehou word? En wie is die ware erfgenaam van Kaptein Verwoes se skat?

Nova Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Nova Omnibus 1 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen 1
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) Ships in 7 - 11 working days

By die Nova-weermagbasis word geheime weggesteek. Gevaarlike geheime. Iets is nie pluis op die weermagdorp Nova nie. Nadat Lucas een aand vreemde ligte in die naghemel gewaar, begin hy allerlei geheime oopkrap. Geheime oor besoekers uit die buitenste ruimte. Geheime waarby nie net Lucas nie, maar ook sy beste vriende en selfs sy gesin betrokke is. Gevaarlike geheime ... Die eerste drie titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in ’n omnibus beskikbaar: Die begin Iets is nie pluis in die dorpie Nova nie. Wat is die vreemde ligte wat Lucas en die res van sy gesin een aand op pad terug van vakansie sien? Waarom jok sy pa vir hom? Waarom is die weermag so geheimsinnig oor die projekte waarmee hulle agter hoë heinings besig is? En wat is die glibberige swart ding wat Lucas in die rivier gesien het? Voor hy sy oë uitvee, word Lucas en sy vriende deel van ’n wilde avontuurrit vol tergende – en gevaarlike – raaisels. Vuurdoop Dit is vir Lucas en sy vriende steeds onwerklik om te dink hulle is vroeër ontvoer. Deur ruimtewesens. Maar gelukkig is al vier van hulle nou veilig, en dinge op die weermagdorp, Nova, kan terugkeer na normaal. Als is egter nie pluis nie. Watter geheime skuil nog agter die hoë heinings van die Nova-eenheid? Wat sal gebeur as Lucas se pa uitvind die ruimtewesens het hulle geopereer? Wat beteken die vreemde aanvalle wat Lucas kry en wie is die geheimsinnige Sterreloper wat vir hom boodskappe stuur? En hoe lank voor die geheimsinnige ruimteskepe weer hul verskyning maak? Bloedbroers Lucas wens hy kan alles vergeet wat gebeur het ... Hy wil vergeet van die aand toe hy die eerste keer die vreemde ruimtetuig gesien het. Vergeet van die ruimtewesens wat hom en sy vriende ontvoer het. Vergeet van die vreemde voorwerpe wat daar op die ruimtetuig in hul koppe ingeplant is – en die vreemde kragte wat hulle daarna gekry het. Bowenal wil hy vergeet van die grusame vliegtuigongeluk waarin een van sy vriende dood is. Maar die Nova-weermagbasis is ’n plek vol geheime. Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?

Sanri Steyn Omnibus 1 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Theresa van Baalen Sanri Steyn Omnibus 1 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Theresa van Baalen
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - as daar nie ruimtewesens oorkant die straat intrek nie, probeer iemand die hele skool se kinders in zombies verander! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou!

Vir die eerste keer is die eerste vier Sanri-stories nou in een lekkerlees-omnibus beskikbaar! Dit sluit in:

1: Doktor Zombos se geheime formule

Sanri droom daarvan om eendag 'n joernalis te word - en toe sy en haar ma na die klein dorpie Raaiselfontein trek, besluit sy om haar eie koerant te begin. Die Raaiselfontein Gazette sal propvol opwindende nuus wees. Maar sommer gou vind Sanri uit alles is nie pluis op Raaiselfontein nie. Waarom tree almal so vreemd op? En wat het die lekkergoedfabriek daarmee te doen? Saam met haar nuwe vriend, Markus, besluit Sanri om die geheim te probeer ontrafel …

2: Die aliens oorkant die straat

Toe daar nuwe intrekkers oorkant die straat is, begin Sanri se neus kriewel - soos altyd wanneer sy 'n lekker sappige storie ruik. Hoekom trek die nuwe mense een nag tydens 'n woeste donderstorm in? Waarom ry hulle met so 'n vreemde borrelkar? En waarom tree die twee kinders met hulle silwerwit hare so snaaks op? Sanri is seker hulle nuwe bure is aliens. Sy moet net die bewyse kry, anders kan sy vergeet daarvan om 'n storie daaroor te skryf.

3: Die seun met die superkat-kragte

Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op - hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het 'n ongelooflike geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. 'n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.

4: Die spookmeisie van Raaiselfontein

Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met 'n spookmeisie - en sy het hulle hulp nodig.

Grond is goud Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Danie Schreuder Grond is goud Graad 4 - Huistaal / Eerste Addisionele Taal / Tweede Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Danie Schreuder
R99 R92 Discovery Miles 920 Save R7 (7%) Ships in 5 - 10 working days

Die Flixies vertel van een van die belangrikste natuurlike hulpbronne, naamlik grond. Hulle gesels oor die waarde van grond vir plante, diere en mense, maar hulle is ook baie bekommerd...

Al is die aarde so groot en al word dit met grond bedek, is daar eintlik maar bitter min grond waarin plante kan groei en wat bewerk kan word vir gewasse wat mense nodig het vir voedsel. Flex gebruik 'n bessie om hierdie kwessie aan die Flixies te verduidelik.

Bielie Die Kielie Monster (Afrikaans, Paperback): Hannelie van Zyl Bielie Die Kielie Monster (Afrikaans, Paperback)
Hannelie van Zyl
R156 Discovery Miles 1 560 Ships in 6 - 10 working days

Die boekie, Bielie die Kielie Monster, bestaan uit drie pragtige kort stories, geskryf vir peuters en kleuters, vanaf die ouderdom twee tot ses jaar. Die stories is kort en gepas vir kleingoed, wat nog nie so lang aandagspan het nie. Pragtige gekleurde illustrasies van karakters en gebeure in die stories, maak dit moontlik vir voorlesing, selflees of deurblaai.

Bielie is 'n vriendelike klein monstertjie, wat ewe tuis is in sy huisie onder die trap, van die familie woning. Bielie kom slegs uit as Pappa saans by die huis kom na werk. Hy en Pappa is 'n span en werk altyd saam. Bielie leen tot Pappa se skoene en sy stem klink selfs baie soos Pappa se stem.

Draakasem (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Draakasem (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Is jy gereed vir 'n skubberige avontuur?

Darius se pa kan deur 'n rivier vol krokodille swem.

Sy ma red ou tannies uit brandende geboue.

Selfs sy kleinsussie skrik vir niks …

En Darius?

Hy is nie eens dapper genoeg om van die skool se duikplank af te spring nie.

Maar alles verander toe hy op 'n dag 'n BAIE VREEMDE present by sy oupa kry …

Jaco Jacobs se splinternuwe avontuurverhaal gaan oor bang wees en dapper wees - en dat daar 'n draak binne elkeen van ons is wat ons kan help om ons vrese te oorkom. Dit is 'n beginnerleesboek vir kinders met 'n sterk fokus op humor; met eenvoudige, maklik leesbare teks.

Elle Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback): Christien Neser Elle Omnibus 2 (3-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Christien Neser
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die volgende drie boeke van Christien Neser se gewilde Elle-reeks is nou beskikbaar in ʼn omnibus. Hierdie titels is: Rocksusters, Duinebesies en Franse vlegsel.

Die Swakste Restaurant in die Heelal (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Swakste Restaurant in die Heelal (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

‘n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories!

Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal.

Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word.

Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het.

Gee vir tannie Breggie ‘n ou soentjie – as jy dapper genoeg is!

Vind uit hoe ‘n mens toonkonfyt maak.

En ontdek hoe ‘n bol kougom die wêreld kan red ...

GIGGEL, GIL, BRUL, PROES, SNORK en SKATER van die lag met hierdie versameling skreeusnaakse stories uit die pen van die gewilde Jaco Jacobs. Hierdie bundel kortverhale bevat tien stories wat gewaarborg is om jong lesers se lagspiere oortyd te laat werk.

Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback): Stefan Enslin Tweede Kanse (Afrikaans, Paperback)
Stefan Enslin 1
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Jong Joe en Anna (albei 13) raak hartstogtelik verlief op mekaar. Maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees?

Dit is ’n storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde.

Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.

Pampoenpit Kry 'n Beat (Afrikaans, Paperback): Bianca Flanders, Zinelda McDonald Pampoenpit Kry 'n Beat (Afrikaans, Paperback)
Bianca Flanders, Zinelda McDonald
R170 R160 Discovery Miles 1 600 Save R10 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Pampoenpit word een oggend wakker met ’n spesiale liedjie in haar hart. ’n Op en wakker ritme wat binne haar borrel en bruis …

Die musiek is ongeduldig,
dit wil almal graag laat sing.
Die ritme wil die hele buurt
laat dans en laat rondspring!

Kort voor lank vaar Pampoenpit die strate in om haar spesiale liedjie met almal te deel!

Stalmaats Omnibus 3 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Lize Roux Stalmaats Omnibus 3 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Lize Roux
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Die gewildste perdestories in Afrikaans!

Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar!

Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats!

Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats!

Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks!

Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:

- Sirkusperde

- Afskeidsrit

- Perdespeurders

- Rivierperde

- Stormnag

Elikser (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Elikser (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Lily Linvelt se enigste missie is om ’n oeroue blommetjie in Ierland, in die Burren, te vind. Sy moet ’n elikser maak om haar ma te red wat deur ’n bloedsuiervlermuis in die einste Burren gebyt is.

Terwyl sy daar is, ontmoet Lily vir Sterling Ashford. Hy is ’n natuurbewaarder en -kenner in die Burren en hy help vir Lily om die seldsame blommetjies op te spoor. Hy is beeldskoon en enigmaties. Geheimsinnig en verleidelik. Sy hele wese drup van … betowering. Lily kom egter voor meer uitdagings te staan.

Cobalt, die parfumeur by wie sy enfleurage leer doen, en sy honde het boonop sy eie duistere agenda. Die magiese blommetjies groei ook net in die diepste gevaarlikste deel van die Graganwoud en vele vyandige wesens staan haar en Sterling teë om betyds die elikser vir haar ma te maak …

Tweede Asem - Wêreld Van Wolwe: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Tweede Asem - Wêreld Van Wolwe: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R157 Discovery Miles 1 570 Ships in 4 - 6 working days

“Dis weird om te weet jy is ’n weerwolf. Maar dis ook cool.”

Joshua Reinders se lewe het ’n wilde draai gegooi. Hy weet nou hy is ’n weerwolf.

Maar dit bring ook ’n nuwe probleem: Sy pa mag glad daarvan uitvind nie, want hy jag weerwolwe. Netnou skiet hy ook sy eie seun.

Joshua moet nou leer hoe om die weerwolftransformasie, sy TWEEDE ASEM, te hanteer. Hy kan nie altyd vir volmaan wag voor hy in ’n weerwolf verander nie. Nie met al die nuwe gevare wat in Droomhoek opduik nie. Soos Gio, sy vorige pel, wat nou saans op hulle huis se dak rondsluip. En die vreemdeling met die donker verlede wat in Droomhoek opdaag.

Bo dit alles pla ’n groter vraag vir Joshua:

HOEKOM IS HY ’N WEERWOLF?

Die antwoord lê diep in die Droomwoud.

En Joshua moet dit daar gaan kry.

Nellie En Sion Beletha (Afrikaans, Paperback): Browne Storrar Nellie En Sion Beletha (Afrikaans, Paperback)
Browne Storrar
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

’n Pragtige storie oor vriendskap en liefde

Ons wonderlike, diverse, kleurvolle land is vol stories wat verdien om vertel te word.

Een so pragtige en belangrike storie is dié van die vriendskap en liefde tussen kinders en hul oppassers.

Hierdie storie gaan oor ’n klein seuntjie, Sion, en sy kreatiewe en inspirerende oppasser, Nellie.

Nellie deel idees, plaaslike geskiedenis, tradisie en kultuur met Sion. Sy bring ’n bietjie van haar wêreld, woorde en hart in syne in. Sion, op sy beurt, doen wat alle klein seuntjies doen: hy word vrolik deel van die avontuur. Hierdie spesifieke storie handel rondom die idee van beletha – die Zulu woord vir iets op jou rug dra.

Deur hulle dinosourusse vir ’n piekniek te neem leer Nellie vir Sion die kuns van beletha en Sion begin besef dat sy klein lewe iets is wat die moeite werd is om te dra.

Hierdie is ’n storie van onskuld, liefde en omgee wat mense aan mekaar sal verbind regoor kulture heen.

Bastian Blom En Die Magtige Moerasmonster (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Bastian Blom En Die Magtige Moerasmonster (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Linki Brand
R150 R141 Discovery Miles 1 410 Save R9 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Bastian is mal oor outydse goed. Dalk is dit omdat sy pa al jare lank ’n antiekwinkel het. Die winkel se naam is Optelgoed. Dit is op die onderste verdieping van ’n groot ou huis geleë. Bastian en sy pa bly op die boonste verdieping.

Bastian versamel graag vreemde goed, soos:

  • valstande,
  • ou brille,
  • posseëls met vlermuise op, (Hy het nog net dertien – daar is nie baie seëls met vlermuise op nie.)
  • skilderye van katte, (Hiervan hou Cheddar, sy troetelrot, glad nie.)
  • porselein-uile,
  • en boeke met spookstories.

Die vreemde en fantastiese goed in die antiekwinkel lei Bastian en sy vriendin Lindi keer op keer na allerlei ongelooflike avonture!
Aksieheld Austin 2: Nag van grille (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Aksieheld Austin 2: Nag van grille (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ligte, kamera, aksie!

Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!

Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by ’n ou fliekteater in die stad gehou word.

Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum – saam met ’n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip …

As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees!

Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

Superhelde van die Savanna (Afrikaans, Paperback): Marleen Lammers Superhelde van die Savanna (Afrikaans, Paperback)
Marleen Lammers; Illustrated by Anja Stoeckigt 1
R180 R169 Discovery Miles 1 690 Save R11 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Toe ’n klein bakoorjakkals deur ’n vreeslose, brawe ratel gered word, besluit hy om by hom te bly vir beskerming. Die ratel dink eers glad nie dis oulik nie ... maar dalk het die jakkalsie ook ’n paar nuttige vaardighede!

’n Prettige en pragtige prenteboek oor vriendskap.

Môre As Ons Groot Is (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Môre As Ons Groot Is (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R190 R178 Discovery Miles 1 780 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Dramateks vir hoërskoolleerders (15+): Môre as ons groot is deur Fanie Viljoen. Dis matriekafskeid – die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is? Wanneer selfs die after-party end kry? Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe. Vanaand neem hulle afskeid van hulle skool - hulle vriende - hulle kindwees ... en dalk hulle drome. ʼn Kortfilm gebaseer op die teks verskyn in 2016. Fanie Viljoen se voorgeskrewe drama genaamd Betower die drama is tans by FET-skole voorgeskryf.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Wandelende Geraamte - En Ander…
C. J. Langenhoven Paperback R209 Discovery Miles 2 090
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R320 R295 Discovery Miles 2 950
Saterdag Val Ek Vir Jou
Cecilia Steyn Paperback R230 R216 Discovery Miles 2 160
Die Spaghettiboom
Jaco Jacobs Hardcover R220 Discovery Miles 2 200
Quinn se Jaar van Kwik
Zelda Bezuidenhout Paperback R270 R253 Discovery Miles 2 530
Die Sproetebessies En Die Hart Van Die…
Troula Goosen Paperback R210 R188 Discovery Miles 1 880
Die Beste Raaiselboek - Speletjies Wat…
Heidri Mittendorf Paperback R157 Discovery Miles 1 570
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R170 R152 Discovery Miles 1 520
Spienekelientjies - Taalmusiek Vir…
Antjie Krog Paperback R260 R210 Discovery Miles 2 100
Dit Is Nie 'n Boek Nie
Jaco Jacobs Paperback R250 R227 Discovery Miles 2 270

 

Partners