0
Your cart

Your cart is empty

Books > Children's & Educational > Fiction

Buy Now

Zackie Mostert Omnibus 3 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R198
Discovery Miles 1 980
You Save: R32 (14%)

Zackie Mostert Omnibus 3 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)

Jaco Jacobs

Series: Zackie Mostert Omnibus, 3

 (sign in to rate)
List price R230 Loot Price R198 Discovery Miles 1 980 You Save R32 (14%)

Bookmark and Share

Expected to ship within 7 - 11 working days

Vyf keer meer Zackie-pret! Granaatstraat is 'n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou die allervreeslikste stinkbomme maak, sy lyf speurder hou of per ongeluk die buurvrou se kat Groenland toe pos - waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwęreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven - en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die vorige omnibusse, verskyn nog vier van Zackie se lawwe avonture EN Zackie se groot grapboek saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

- Zackie Mostert en die katkrisis Party katte is oulik en spelerig en hou daarvan om gevryf te word. Mevrou Langenhoven se kat, Katinka, is NIE een van daardie katte nie. Maar toe mevrou Langenhoven vir Zackie en Vincent vra om na Katinka te kyk, stem hulle in, want hulle het dringend ekstra sakgeld nodig. Hoe moeilik kan dit nou wees om 'n kat op te pas ...?

- Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag Zackie se beste vriend, Vincent, verjaar een van die dae. Zackie beplan 'n BAIE SPESIALE partytjie. Dit gaan 'n GROOT verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou - en hy gaan seker maak daar is NIEMAND by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis OORLOG!

- Zackie Mostert en die super-stinkbom Zackie hou nie juis van sing nie ... maar die skoolkoor gaan binnekort op 'n FANTASTIESE kamp. Daarom besluit Zackie en Vincent om in die koor te sing. Kort voor lank begin Anton, die skoolboelie, hulle egter terg. En boonop vind hulle uit die rugbykamp is dieselfde tyd as die koorkamp ... Die koor was 'n VROT idee! Maar dan maak Zackie en Vincent onverwags nuwe vriende - en hulle kry 'n plan om Anton 'n les te leer ... 'n Baie STINK plan!

- Zackie Mostert en die slim speurder Die hele skool is in REP EN ROER. Die beroemde sangeres Jenny Jay gaan 'n konsert by die skool hou ... en sy gaan haar nuutste MUSIEKVIDEO daar kom verfilm! Maar dan verdwyn die sangeres se baie duur halssnoer. En iemand dink Zackie se beste vriend, Vincent, het dit gevat ... Zackie besluit hy gaan sy lyf SPEURDER hou om Vincent se onskuld te bewys! - Zackie Mostert se Groot Grapboek Zackie en sy beste vriend, Vincent, het besluit om 'n boek propvol grappe bymekaar te maak. Lę van die lag met Zackie en Vincent se gunsteling-grappe! Meer as 200 grappies wat jou lekker sal laat skater.

General

Imprint: LAPA Publishers (Pty) Ltd / LAPA Uitgewers (Edms) Bpk
Country of origin: South Africa
Series: Zackie Mostert Omnibus, 3
Release date: February 2019
Authors: Jaco Jacobs
Dimensions: 212 x 137 x 10mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 228
ISBN-13: 978-0-7993-9115-2
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Children's & Educational > Fiction > General
Books > Children's Fiction & Fun > General
Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie
Books > Afrikaans > Opvoedkunde
Books > Local Author Showcase > Fiction - kids & teens
Promotions > South African Heritage Shop > Books
Books > Local Author Showcase > Afrikaans > Children
LSN: 0-7993-9115-8
Barcode: 9780799391152

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners