Die ekspedisie beweeg deur ’n deel van Zoeloeland wat nog ongerep
en vol gevare is. Hy beleef hoe Siba die hoofindoena en sy
Zoeloekrygers die magtige buffel, leeu en renoster baasraak met hul
assegaaie en slim aanvalstaktiek. Sy paaie kruis met die sluwe
toordokter Sontaba en sy handlanger Jalimane en hy maak ook kennis
met die reusewaterdier, die onanabahule, wat in die diep, donker
kuile skuilhou. Tydens hierdie onvergeetlike avontuur ontwikkel
vriendskappe en wedersydse respek tussen die jagter en Siba en sy
krygers. Hy kry ook ’n insiggewende blik op ’n Zoeloekultuur en
-gewoontes wat reeds begin verdwyn. Later ontmoet die jagter
Nobiyane, ’n ou Zoeloefilosoof, wat hom, deur sy wedervaringe met
hom te deel, vaderlik tot by “die groot spore” lei – daar waar die
lewe sin kry.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!