Jan Wentzel, verhaleredakteur van Die voorpunt, kry te make met Marié Hurter, ’n
aspirant-skrywer wat maar net nie wíl aanvaar dat haar liefdesverhaal afgekeur is
nie. Jan het hoë ideale en neem sy werk ernstig op, maar ’n probleem ontstaan.
Hoe gemaak as hy nou ook ’n ogie op Marié het? Of voer dié ondeunde rooikop
iets in die mou?
In Die rooikop en die redakteur en ander stories bring H&R vroeë verhale deur
een van Afrikaans se belangrikste skrywers in een band byeen. Vóór die
Sestiger-beweging, etlike literêre pryse en internasionale aansien het André Brink
sy loopbaan begin as skrywer van humoristiese stories en spannings- en
liefdesverhale in gesinstydskrifte. Die vermaaklike stories in dié bundel het
gedurende die 50's in die tydskrifte Die huisgenoot en Die brandwag verskyn. Dié
bundel kombineer Brink se eiesoortige sin vir humor met ’n tikkie nostalgie –
perfek vir ’n ouer én nuwe geslag lesers. Saamgestel deur Cecilia van Zyl,
voormalige verhaleredakteur van Die huisgenoot.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!