Berlyn, 1933. Hardebaard speurder Bernard – “Bernie” –
Günther word deur ’n miljoenêr-sakeman ingeroep om die
moord op sy dogter en skoonseun op te los en waardevolle
juwele wat tydens die inbraak gesteel is, te vind. Gewoonlik
is Günther op die spoor van vermiste persone, maar in dié
onstuimige politieke klimaat betree hy ’n donker
onderwêreld waar misdaad, korrupsie en onderhandelinge
met Nazi-leiers aan die orde van die dag is. Sy soektog
ontbloot ’n skandaal wat hoëkoppe soos Hermann Goering
en Heinrich Himmler betrek ...
Smerige nagklubs, smeulende filmsterre, oorvol lykshuise
en onderonsies met die Gestapo lei uiteindelik tot ’n
skokkende onthulling. Die roman speel af in Nazi-Duitsland
– ’n milieu wat Kerr met vernuf skets.
Dié Afrikaanse uitgawe van March Violets is die eerste boek
in Kerr se Berlin Noir-reeks, sy eerste Bernie Günther-
trilogie. Vertalings van die volgende twee romans in die
reeks, The Pale Criminal en A German Requiem, verskyn in
2019.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!