Die woordeboek se die erotiek gaan oor al die verskynsels en
gevoelens van "sinlike" liefde, en oor die kuns "om lief te he".
Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie
net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die
wereld om ons: 'n Rodin-beeldhouwerk, 'n Picasso-skildery, 'n
Dvorak-simfonie, 'n Zeferelli-rolprent, 'n Ferrari-ontwerp of
Alexander McQueen-tabberd. Maar erotiek het nie altyd met die
liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en
onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te
wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat die onderwerp
ondersoek – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff
se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en
Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer
onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Tafelberg se
erotiese bundel, Bloots, het op die rak verskyn net mooi toe Fifty
Shades of Grey die wereld stormenderhand verower het. Perfekte
tydsberekening, ne. Nou vra Tafelberg opnuut 'n magdom mense om
hulle erotiese verhaal vir ons te vertel, want in Afrikaans het ons
nog lank nie die erotiek uitgese nie: Daar's ou hande en nuwe
stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale
vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense,
kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs.
Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars,
ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander
minder bekend. Skarlakenkoors, die wildste en wydste versameling
erotiese verhale in Afrikaans, sal beslis jou bloeddruk laat styg .
. .
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!