Wie weet in watter gewaad storieboekliefde sy verskyning gaan maak?
Om bibliotekaresse te wees op ’n dorpie soos Trompieshoogte is vir
Marijke die maklikste manier om te verseker dat haar lewe teen ’n
slakkepas nêrens heen sal gaan nie. Wat nog gepraat van haar
liefdeslewe. Maar dan gewaar sy ’n nuwe gesig op die dorp, al is daai
gesig nou wel ongeskeer, die hare te lank, en die klere taamlik
verslons.
Maar wat maak die skatryk entrepreneur Jean-Pierre Immelman in hierdie
verlate uithoek, en hoekom lyk hy so afgerem? Dalk meer belangrik, wat
is hierdie hartkloppings wat Marijke naby hom ervaar, en wat is die
ooreenkoms wat hy met haar wil tref voor hy terugkeer na sy eie
glansryke wêreld toe?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!