Die verweefde verhale van Ludo Loeloeraai, die yo-yo-kampioen,
Snaartjie Windvogel (die vioolspeler uit In stede van liefde, wat
op Matjiesfontein grootword en as 'n sekswerker in die Kaap
beland), Elsabe en Doris Steyn, en Eenslie Maree, die Adelbors,
vorm die basis van hierdie langverwagte roman. Dis hulle almal se
geskiedenis, maar veral die van Ludo, wat op Paternoster afgetree
het, en mymer oor sy verlede as pelgrim-yo-yo-speler wat van dorp
tot dorp gery en mense vermaak het in skoolsale en skure. Sy
rustige lewe word omvergewerp wanneer sy verlede hom begin inhaal.
En dan vind daar 'n opspraakwekkende moord plaas . . .
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!