Hy kan eerlik sę kleintjies hou van hom. Dit laat hom altyd dink dat hy
’n goeie pa sal maak. Die dogtertjie weeg byna niks en hy pluk haar met
gemak tot binne-in sy voertuig. Hy trek dadelik weg, die spartelende
kind oor sy skoot. Sy probeer onder sy greep uit kom, maar hy druk haar
half onder die stuurwiel in.
Hy kyk rond. Niemand storm uit ’n huis of roep agter hom aan nie. Hy
gee ’n ingenome laggie. Practice makes perfect, nč.
’n Kombers van boosheid daal neer oor ’n plattelandse dorp wanneer
Portia Serape se vyfjarige dogtertjie gegryp word, maar dit is net die
begin. Haar familie probeer naarstiglik om die kind op te spoor.
Nuus van die vermiste meisiekind bereik Klara Dean waar sy as
maatskaplike werker by Veilige Hawe werk. Klara moes self die stukkies
van haar lewe optel nadat sy en haar lieflingseun David die wreedheid
van haar eksman oorleef het. Nou het Klara ’n nuwe, liefdevolle man en
’n oulike vierjarige.
Maar die nuwe vlaag onheil bedreig hul veiligheid, en hou kaptein
Coghran en die plaaslike polisie wakker tot diep in die nag.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
'n Storie wat jou nie gaan laat los nie
Mon, 18 Jan 2021 | Review
by: Katherina R.
Goeiste, wat 'n storie! Karakters wat so eg is dat jy baie vinnig voel jy ken dič mense persoonlik. Dit verskil van die gewone misdaadromans omdat die storie nie om die speurders gebou is nie, maar wel om die slagoffers en hul families. Uitstekend. Ek kan nie wag vir die volgende boek van dič skrywer nie.
Did you find this review helpful?
Yes (2) |
No (0)