Pieterse se nagelate roman speel af in die hart van Afrika. Sy
kenmerkende humor loop hand aan hand met erns en besinning. Die
reis begin in 1871 wanneer Dennis Chipman by Algoabaai aan wal
gaan. Met sy agtpondergeweer en sy Ierse terrier trek hy saam met
transportryers noordwaarts. Teen die Zambezi draai hy wes om die
kronkels en stroomversnellings te verken. Waar die Zambezi sy
boggel maak, is dit nog eens noordwaarts deur die oewerruigtes.
Vier geslagte later maak sy naamgenoot weer kamp aan die Zambezi,
by Manaka – Plek van die Horings. Maar die sendelinge maak ook op
Manaka aanspraak – en almal moet nog verby die khuta kom – in
tonele waarin Pieterse se humor opnuut sy lesers se harte steel.
Nie ver van Manaka af nie, haak die vierde Chipman se boot in
Liabwa la Twelve vas. In die meesterlike ontknoping en slottonele
loop die Chipmans en die Mulambwas se paaie na meer as 'n eeu weer
saam. Pieter Pieterse se reis het op 17 Maart 2002 geeindig toe hy
grusaam om die lewe gebring is in die land wat hy geken en
liefgehad het. Sy gedagtes dwaal oor die stil water van die Zambezi
ver onder hom.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!