Sedert Eron Verberger en Velvel Azazel se gewelddadige struweling
in die Vallei van Bergstrome het omstandighede in Gabriëllië
geensins verbeter nie. Die Skoonbrand woed. Rondom die Klaagtermeer
weerklink die Klokke van Hongersnood en in Nanaal offer desperate
ouers hulle kinders aan ’n kultusleier om hulle ’n lewe van
slawerny te spaar.
Ten spyte van Eron se verminkte hand is hy nou ’n begeesterde
Voetwerker vir die Geheime Rewolusie teen Vuurstorms en op soek na
die laaste Geseëndes op die Kaart sodat hy hom by sy pa in Afrika
kan aansluit. By sy digtervriend Anav Elanov leer Eron dat woorde
wapens is en hy stem in om ’n “opebinnekantvers” na die landsleiers
te neem – ’n waarskuwing teen die gruwels wat gepleeg word in die
opkoms van Gabriëllië as wêreldmag.
Hy deurkruis stede, woude, moerasse, ysgrotte en bergpieke,
bevriend boekgeleerdes en barbare, trotseer wolftroppe, dwaalgeeste
en die nageslag van ’n wangeskape ras. Maar die knaende vraag in sy
binneste bly: As die Wonderwese werklik bestaan, waarom is daar
geen teken van dié Teenwoordigheid nie? Of kyk Eron iets
wonderbaarliks heeltemal mis?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!