Sabine Maartens is nie iemand wat getem kan word nie. Ná pynlike jeugjare het sy haar eie weg gebaan as vlieënier in Botswana, maar daar is altyd die risiko dat haar onblusbare drang om wilde diere te beskerm haar aan die verkeerde kant van die reg kan laat beland.
Haar pad het jare gelede kortstondig gekruis met dié van Max Krige, 'n eks-Interpolagent wat deesdae 'n top-onderhandelaar is vir 'n internasionale sekuriteitsmaatskappy … en toe het die vonke gespat. Nou bevind Sabine haar in 'n lewensgevaarlike situasie as een van die gyselaars wat uit die deltagebied weggevoer word. Reeds is 'n bloedspoor agtergelaat. Kan Max verdere lewensverlies verhoed?
Dit voel asof die noodlot hierdie omstandighede bestem het, want Max weet dit is nie 'n situasie waar hy koel en berekend kan optree nie. Sy hart vertel hom dit.
Grensloos is 'n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Wilna Adriaanse so geliefd is.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!