Vroeg een oggend, toe die maroelas nog swart teen die lug afsteek,
neem Hans Wagner sy blou Mauser om 'n leeu te gaan skiet wat in 'n
slagyster op sy Suidwes-plaas gevang is. Die ongedierte word maklik
van kant gemaak, maar onverwags verskyn daar 'n jong leeutjie wat
Hans se been lelik seermaak. Die skoot wat na die leeu geskiet
word, ruk net sy een oor af en daarna kom die dier weg. Petrus,
Hans se veertienjarige seun, sweer wraak. Petrus groei intussen tot
'n jongman. Sal die verhouding wat daar tussen Petrus en die
buurdogter Martie, na wie hy eers minagtend verwys as een van
"daardie Angolas", tot iets dieper ontwikkel wat selfs storms sal
kan weerstaan?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!