Almal in Jurassic Park op die Kaapse Vlakte ken vir Anwaar ‘Ahnie’ Brandt
vandat hy ’n ekstra in die film GangStar was. Maar die baas van die Butcher
Boys soek nog meer roem. Nou maak die gang hulle eie movies met hul selfone –
movies wat die vrees in mense se oë vasvang. Ahnie se ma, Mary, kyk anderpad
en sê sy weet van niks. Sy het mos nog ’n baksteenfoon, sy like nie van
tegnologie nie.
Nicole Lamb en Derick Delcarme is in matriek en verlief, maar toe Nicole
swanger raak, moet Derick die skool verlaat om ’n werk te soek. Hy het geen
ander keuse as om by die UML-gang aan te sluit nie, want daar kan hy darem
geld maak.
Rolanda Fischer wil ’n lewe van weelde soos ’n Cape Kardashian hê en as
sy nie ’n celebrity op sosiale media kan word nie, gaan sy vir haar ’n ryk man
kry. Maar sy hou ook van ’n bad boy . . .
In Kinnes deur Chase Rhys word moeilike waarhede met deernis en humor
oopgeskryf.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!