Karl Kielblock was ongetwyfeld een van die beste
speurverhaalskrywers in ons land. Met hierdie boek bewys hy dit
weer eens. Mooier as die blomme is deel van die Frans
Lindenhof-speurreeks en dis ‘n verhaal met baie spanning en
onverwagte wendinge en ook heelwat afwisseling wat daarvoor sorg
dat dit end-uit genietbaar bly. Namakwaland se kleurkaleidoskoop
lok elke jaar duisende besoekers van oraloor. Daar is egter iets
nog mooier en waardevoller as veldblomme wat in die Namakwaland
verskuil is, besef Joachim Verbeek wanneer ‘n skilderekspedisie
plotseling in 'n nagmerrie ontaard. Wanneer Verbeek se paadjie
onwetend met die van uitgeslape diamantdiewe kruis, verander dit
wat as ‘n rustige wegbreek beplan is in 'n jaagtog vol blink
klippies, verleidelike vroue – en lewensgevaar. Niks ontglip egter
die onverskrokke speurder-sersant Frans Lindenhof se waaksame oe en
fyn ore nie, en hy onderneem om die misdadigers vas te keer.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!