Dis 1899 en die begin van die Anglo-Boereoorlog. Vir Frank Ingram,
sy beste vriend Michal Ras en die se verloofde Kath Rouwenhorst
begin dit in Oktober tydens 'n swierige verjaardagparty in die
Boland. Vir Frank, 'n student in die teologie wat sy studies staak
om te gaan veg, is dit ook die begin van 'n innerlike stryd wat hom
afspeel rondom die absurditeite en ontnugtering van die oorlog.
Later sal Frank homself afvra of die geweld van oorlog 'n
sluimerende behoefte aan wreedheid in hom bevredig. En uiteindelik
kom die vraag: Wat was die werklike uitwerking van die oorlog? Die
titel van hierdie ontroerende roman kom uit die ou Vrystaatse
volkslied waarvan die eerste strofe lui: Heft Burgers ’t lied der
vrijheid aan / En zingt ons eigen volksbestaan! / Van vreemde
banden vrij, / Bekleedt ons klein gemenebest, // Op orde, wet en
recht gevest, / Rang in der staten rij.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!