Die Jasper-jeugreeks is die eerste keer uitgegee in 1959 en daar
was verskeie herdrukke van die gewilde reeks. Hierdie is die vierde
titel in die Jasper-reeks. Vir enige kind sal dit ure se genot
verskaf, want dit is 'n boek om te lees en te herlees. Saam met die
Viermanskap is die leser bly oor die sukses wat behaal word en saam
met die vriende word daar getreur oor die brandende sitvlakke!
Leliesvlei se boere word deur skaapdiewe geteiken en die polisie
sukkel om die skuldiges vas te trek. Jasper besluit dis die ideale
geleentheid om sy speursin op die proef te stel – hy wou tog nog
altyd ’n bobaasspeurder word. Kan hy die nodige inligting vir die
polisie in die hande kry? En kan hy die speurder-sersant en sy vrou
uit die kloue van die boewe red? Kom deel in die avonture van
Jasper!
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!