Sedert die verskyning van die derde uitgawe van Kommersiele Reg in 2006 het omvattende veranderinge op sekere regsgebiede 'n vierde uitgawe genoodsaak. 'n Nuwe hoofstuk oor elektroniese betalingsmetodes is bygevoeg.
'n Nuwe deel word aan die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008 gewy, terwyl die invloed van die Wet ook in die afsonderlike hoofstukke oor byvoorbeeld die kontraktereg en besondere kontrakte soos die koopkontrak bygewerk is. Origens is nuwe wetgewing en regspraak waar moontlik bygewerk tot einde Augustus 2011.
Kommersiele Reg het ten doel om volledig te handel met die belangrikste beginsels van sowel die algemene kontraktereg as die benoemde kontrakte wat die meeste in die handelsverkeer aangetref word, soos kredietooreenkomste, koop-, huur-, borg-, pand-, verband-, diens-, arbitrasie-, werkaannemings- vervoer- en versekeringskontrakte.
Die werk word ingelei met 'n nuttige bespreking van die oorsprong, totstandkoming en sistematiek van die reg, gevolg deur 'n bespreking van die bronne van die regsverbintenis, soos die kontrak, delik en ongeregverdigde verryking, wat nodig is vir 'n beter begrip van die kontraktereg.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!