Na sy broer se dood en sy ma wat hulle verlaat het om in Engeland
die trauma van haar kind se dood te probeer ontvlug, lei Jurie en
sy pa 'n afgesonderde lewe in Pretoria. Maar Jurie, 'n gemiddelde
Gr 11 seun, lei 'n dubbele lewe. Hy steel karre, maar ook nie
werklik steel nie: hy gaan ry 'n paar draaie en parkeer dan die
motor iewers. Dit is sy manier van ontvlugting van die trauma van
sy broer se dood en die verbrokkelde verhouding met sy pa. Wanneer
hy die eerstejaarstudent Nandi Ngobeni ontmoet, kan hy vir die
eerste keer praat oor wat hom so diep ontstel, maar Nandi het ook
haar eie probleme. Hierdie boek verwoord 'n seun se uiting van
verlies, maar ook die verligting wat aanvaarding kan bring, en is
uiteindelik 'n wonderlik inspirerende storie van die heelwordproses
na trauma.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!