Elke vrou vir haarself is 'n meesleurende familiesage oor die lief
en leed van die drie Keet-susters. Die twee oudste susters, Nelia
en Adri, werk by hul ma se ou vriendin Emmie by die Hotel Woltemade
in Kaapstad. Kort hierna sterf hul ma en neem Emmie hul
laatlamsussie, Carine, aan. Maar uiteindelik moet elkeen van hulle
hul eie paadjie loop en talle terugslae oorkom op hul weg na
vervulling in hul professionele en liefdeslewe. Daar is suksesse en
teleurstellings, vreugde en hartseer. Dit sal jare wees voordat die
donker geheim in die Keet-familie uitgerafel word. Sterk vroue,
glorieryke liefde, ontrou, verraad, passie, wraak. Maar uiteindelik
is dit tog die liefde wat seevier. Amber maan, oker son en ander
verhale neem die leser na uiteenlopende plekke. Die titelverhaal
speel af in die oorloggeteisterde Angola waar die joernalis
Esperanza Santana en haar Franse eweknie, Gerard Jobert, by mekaar
skuilplek soek. In elke verhaal speel identiteit ’n sleutelrol; die
vinnige pas en warm tonele sal lesers meesleur.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!