0
Your cart

Your cart is empty

Books > Sport & Leisure > Natural history, country life & pets > Plant life: general

Not currently available

Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback, New ed) Loot Price: R277
Discovery Miles 2 770
You Save: R18 (6%)

Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika (Afrikaans, Paperback, New ed)

John Manning, Manning John

 (sign in to rate)
List price R295 Loot Price R277 Discovery Miles 2 770 You Save R18 (6%)

Bookmark and Share

Supplier out of stock. If you add this item to your wish list we will let you know when it becomes available.

Sagteblad, volkleur, 900 fotos, verspreidingskaarte
(Ook beskikbaar in Engels Photo Guide to the Wildflowers of South Africa)

Suid-Afrika het 'n ryk flora van nagenoeg 19 000 verskillende spesies blomplante. Heelwat hiervan, veral proteas, gerberas, bloulelies en clivias, is vandag internasionaal bekend, terwyl die helderkleurige blomme van freesias, nerinas, sparaxis en tjienkerientjees gunstelinge in tuine regoor die wêreld geword het. Duisende besoekers word elke jaar na die skouspel van lenteblomme in Namakwaland en die Wes-Kaap gelok. Vir dié wat meer van Suid-Afrika se veldblomme wil weet, hou hierdie rykdom sy eie probleme in. Die meeste veldblomgidse dek nie veel meer as net klein dele van die land nie en die ander sluit weer te min spesies in om van veel waarde te wees.

Fotogids tot die Veldblomme van Suid-Afrika is daarop gemik om hierdie tekortkominge uit die weg te ruim. Met sorg saamgestel om dié veldblomme in te sluit wat waarskynlik die meeste aandag sal trek, dek hierdie landwye gids byna 900 van die mees algemene en opvallendste veldblomme wat in Suid-Afrika en die buurlande Lesotho, Swaziland en Namibië voorkom. Die keuse van spesies is die resultaat van die skrywer se baie jare ervaring in die veld.

Die gebruiker-vriendelike formaat verdeel die land in drie hoof- veldblomstreke, Grasveld en Savanne, Fynbos en Namakwaland, met die spesies in elke streek gegroepeer. 'n Kitsgids verminder die opsies met een oogopslag. Elke spesie word geïllustreer en beskryf, met inligting oor die volksnaam en wetenskaplike naam, habitat, blomtye en plaaslike gebruike. Soortgelyke spesies word bymekaar geplaas om vergelyking te vergemaklik en verskille word kortliks uitgewys. Geskryf en geïllustreer deur professionele persone met wye ervaring van gidsboeke, is Veldblomme van Suid-Afrika die sleutel tot die ontsluiting van Suid-Afrika se veldblom-erfenis.

John Manning is 'n navorsingsplantkundige by die Suid-Afrikaanse Nasionale Biodiversiteitinstituut in Kaapstad en is 'n internasionale kenner van die Iris- en Hiasint-families. Hy is outeur of mede-outeur van meer as 100 populêre en wetenskaplike publikasies asook nege veldblomgidse. Hy stel besonder daarin belang om Suid-Afrika se veldblomme aan die publiek bekend te stel en het sodoende bekendheid as 'n illustreerder en fotograaf van blomme verwerf.

General

Imprint: Briza Publications
Country of origin: South Africa
Release date: December 2014
Authors: John Manning • Manning John
Dimensions: 246 x 175 x 22mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 352
Edition: New ed
ISBN-13: 978-1-920217-01-3
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Sport & Leisure > Natural history, country life & pets > Plant life: general > General
Books > Afrikaans > Sport en Ontspanning
LSN: 1-920217-01-0
Barcode: 9781920217013

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners