Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras
Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor
seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die
19de eeu. Hierdie is die vyfde boek in die reeks. Die boeke is
propvol opwinding, spanning en avontuur! Lafras Cuyper word
persoonlik deur Napoleon gevra om Franse skipbreukelinge op die
eilandjie Abbe te gaan red. Hy staan nie terug vir die
lewensgevaarlike uitdaging nie en besef dat deeglike beplanning en
betroubare bemanning die sleutel tot sukses is. Sal hy die Engelse
om die bos kan lei en die skipbreukelinge red? Of sal hy vir
Napoleon teleurstel? Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite
gebaseer.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!