|
Showing 1 - 1 of
1 matches in All Departments
Soos vinkel en koljander, dís Najma Abrahams (Tietie) en Azba Fanie
(Nanna). Dié twee TikTok-tuiskokke se hande staan vir niks verkeerd óf
stil nie, veral nie vir die kospotte nie. Hul resepte is hartskos –
niks fensie bestanddele nie, net geurige regte, egte huiskos met ’n
Kaaps-Maleise twist.
Groenboontjiebredie, tamatiekos, split pea-sop en selfs die vergete
sagobredie, blomkoolbredie, panfrikkadel, Nando’s-hoender, broodpoeding
en dhaltjies eerlik gemaak, sonder fieterjasies – dit is mos die
onopgesmukte huiskos waarna elkeen verlang. Die kerries is natuurlik
ook daar – suikerboon-, hoender-, dhal- en mincekerrie, breyani, noem
maar op. Snoek-in-die-oond, kerrievis en seekos-paella (times are
tough, ’n mens moet maar ’n paar maande of so spaar daarvoor, sê die
twee siezas) bring die see in jou kospotte. Vir “broke week” is daar
sakpas-randrekkers soos dhanya-soesys, eierkerrie en
spaghetti-en-sardyne. Tietie se peperminttert en lemon meringue is uit
’n ander wêreld en Nanna se braised skaapnek sal enige onthaaltafel
laat kreun van smaakgenot. Mavrou, Tietie se lamsvleis-weergawe van dié
tradisionele gereg wat in die Kaaps-Maleise kultuur by troues voorgesit
word, is ’n tydlose treffer.
En moenie van die happies en lekkernye vergeet nie – dis nou die “soet
en sout” waarmee Mzansi se mense grootgeword en die lewe om elke hoek
en draai gevier het. Watertand-verleidings soos bollas, flapjacks,
skons, snowballs, patatkoekies, sweetcorn fritters en vele meer.
Samoesas en roti’s kry variasies in geure en kleure om van te droom.
(Só sê Tietie: Roti is baie versatile – eet dit met kerrie, masala
steak of selfs as ’n poeding. Dis tog te lekker met strawberries,
strawberry jam en cream.)
Nou ja, as jy nie so ’n tuiskombuis geken het nie, is jy waarskynlik
reeds daaraan voorgestel op Tietie en Nanna se kookprogram, Tietie en
Nanna kook op VIA, kanaal 147 op DStv, of in hul stories en kwinkslae
op Instagram en TikTok.
Met Tietie en Nanna se onfeilbare resepte, perfek beproef, kan elkeen
weer huiskos, soos ons ma’s, oumas en tantes dit gemaak het, in hul eie
kombuise opdis.
|
You may like...
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R205
R164
Discovery Miles 1 640
Loot
Nadine Gordimer
Paperback
(2)
R205
R164
Discovery Miles 1 640
|