0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
  • All departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (2)
  • R500 - R1,000 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All departments

Kruispad (Afrikaans, Paperback): Deon Opperman Kruispad (Afrikaans, Paperback)
Deon Opperman 1
R330 R284 Discovery Miles 2 840 Save R46 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Kruispad is die kern van Deon Opperman se groot TV-trilogie oor die Afrikaner se pad in Suid-Afrika. Dit beeld presies uit waar die groot verandering gekom en hoe die Afrikaner daarop gereageer het.

Die roman wentel om Sophia en Mariana, die twee dogters van ’n welgestelde boer, Soois van Rooyen, en sy vrou, Mart. Sophia is met die skatryk FG van den Berg getroud en Mariana met die arm, bekrompe Andries Landman. Terwyl FG en Andries albei hul ekonomiese status n die verkiesing van 27 April 1994 verloor, sit hul onderskeie seuns, Klein FG en Henk, met die nalatenskap van apartheid.

Kruispad belig nie net die snykant van apartheid fel nie, maar boor ook diep in die problematiek waarmee die Afrikaner in die jare negentig moes worstel en toon hoeveel inbors en karakter dit verg om die juk van die verlede af te skud.

Vyfmylpaal (Afrikaans, Paperback): Deon Opperman Vyfmylpaal (Afrikaans, Paperback)
Deon Opperman
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 10 - 15 working days

Vyfmylpaal bevat vyf van Deon Opperman se suksesvolste Afrikaanse dramas: "Boesman, my seun", "Magspel", "Donkerland", "Stille nag" en "More is n lang dag". Hoewel die laaste drie reeds vroeer gepubliseer is (in 1996, 1990 en 1986 onderskeidelik), is dit die eerste keer dat "Boesman, my seun" en "Magspel" in drukvorm verskyn. Deon Opperman, reeds sedert 1984 aktief in die bedryf, is een van die produktiefste dramaturge in Suid-Afrika, met meer as 40 verhoogstukke op sy kerfstok. 'n Eugene Marais-prys en 'n Hertzogprys-benoeming is maar twee van die vele veertjies in sy hoed. Hy is ook die stigter van AFDA (The South African School of Motion Picture and Live Performance).

Aantrekkingskrag - 'n Drama vir die Verhoog (Afrikaans, Paperback): Deon Opperman Aantrekkingskrag - 'n Drama vir die Verhoog (Afrikaans, Paperback)
Deon Opperman
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 10 - 15 working days

Aantrekkingskrag is 'n kosmiese wet wat sowel vir hemelligame as vir mense geld. Deon Opperman buit hierdie volgehoue metafoor op 'n verbluffende wyse uit in 'n meesleurende drama oor die liefde. Vyf mense word een laatnag, n 'n opvoering van Hamlet, gekonfronteer met hulle bestaan en verraad teenoor mekaar. Die wrelde van die wetenskap en die kuns word aanvanklik met mekaar gekontrasteer, maar ten slotte versoen in die volgende insig: 'Religie is so onwetenskaplik, maar elke religie op aarde het tot die besef gekom: God is liefde. Liefde - alomteenwoordig soos die aantrekkingskrag tussen alles in die heelal, so onkenbaar soos 'n atoom, en so seker soos die spoed van lig.'

Kaburu (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Deon Opperman Kaburu (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Deon Opperman
R158 Discovery Miles 1 580 Ships in 10 - 15 working days

In hierdie drama word die leser/gehoor gekonfronteer met die gevolge van keuses waarmee bykans alle Suid-Afrikaners kan identifiseer: kwessies soos emigrasie, die behoud van bande met die geboorteland, nagevolge van die Angolese bosoorlog, moorde op bejaardes en sosiale onsekerhede as gevolg van kriminele geweld. Hiermee gee Opperman dramaties gestalte aan die gedagte dat die persoonlike dikwels 'n politieke strekking het. Ook ander verwysingsraamwerke tree na vore, waaronder die invloed van die geskiedenis en die soeke na identiteit.

Hartland (Afrikaans, Paperback): Deon Opperman Hartland (Afrikaans, Paperback)
Deon Opperman 1
R533 Discovery Miles 5 330 Ships in 7 - 11 working days

Deon Opperman het verlede jaar Afrikaners aan die praat gehad met sy kykNET-reeks Hartland. In die reeks kyk hy na die uitwerking van 'n veranderende samelewing op een familie die politiek van transformasie en verset. Sentraal in die reeks is die patriarg Jan Cilliers (Marius Weyers het die rol vertolk), hoof van African Queen, 'n maatskappy wat skoonheidsmiddels maak. Na sy dood ontstaan groot wedywering in die familie om die hart van die maatskappy, maar in die proses word baie drome verpletter. Opperman benut verskeie aktuele verhaalelemente om die reeks woema te gee: BEE, die moord, execution-style, van bejaarde wit egpare deur swart inbrekers, getraumatiseerde soldate van die apartheid-regime wat by hul predikante aanklop om leiding en die herstel van hul geloof. As teenwig vir die emosioneel hooggespanne onderdele van die reeks, is daar ook n tienerliefde wat blom en n ou huwelik wat skielik geen sin meer het nie, maar Opperman se meesterlike slot berus op twee heel ander sake: die rol van Afrikaner-weerstandsbewegings, en planne wat Jan Cilliers lank voor sy dood gemaak het om die voortbestaan van sy maatskappy te verseker.

Donkerland (Afrikaans, Paperback): Deon Opperman Donkerland (Afrikaans, Paperback)
Deon Opperman
R539 Discovery Miles 5 390 Ships in 7 - 11 working days

Een plaas. Een familie. Een bloedlyn. Sewe geslagte.

In 1838 vlug Pieter de Witt uit die Oos-Kaap na Natal om n maande van uiterste ontbering op die walle van die Tugelarivier ’n hoekpaal in te kap en sy plaas af te tree. Hy noem die plaas Donkerland. Dit is hier waar sewe geslagte De Witts die wel en wee van ’n ontluikende volk beleef: die Groot Trek, die stryd teen die Zoeloes, die Anglo-Boereoorlog, Groot Depressie, 1948-verkiesing, Grensoorlog, Soweto-opstande en die oorgang tot ’n demokratiese Suid-Afrika. Vir honderd agt-en-vyftig jaar leef die De Witts die triomf en die smaad van die geskiedenis op ’n enkele stuk grond uit; n sewe geslagte begin dit deurskemer wat dit beteken om in hierdie aarde ’n hoekpaal in te slaan en ’n plaas af te tree.

Donkerland is die eerste aflewering in Deon Opperman se Afrikaner-trilogie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R336 R283 Discovery Miles 2 830
Burberry Touch Eau De Toilette (30ml…
R699 R499 Discovery Miles 4 990
KB Water Glue (50ml)
R15 Discovery Miles 150
Lucky Plastic Measuring Cup (200ml)
R15 Discovery Miles 150
Baobab Handkerchiefs
R650 Discovery Miles 6 500
King Kong Leather Ladies Laptop Bag…
R3,349 R2,479 Discovery Miles 24 790
Call of Duty: Black Ops Cold War
R1,399 R1,299 Discovery Miles 12 990
Jeronimo Super Bike (Black)
R1,379 R779 Discovery Miles 7 790
Slazenger Wimbledon Tennis Balls SL (3…
R120 R109 Discovery Miles 1 090
Autopsy - Life In The Trenches With A…
Ryan Blumenthal Paperback  (8)
R260 R208 Discovery Miles 2 080

 

Partners