|
Showing 1 - 3 of
3 matches in All Departments
Die grootskaalse verhuising van boere aan die Kaapkolonie se
oosgrens, ’n gebeurtenis wat later as die Groot Trek bekend sou
word, was teen 1835 reeds in volle swang. Uiteindelik het bykans 10
000 siele huis en haard met ossewaens en veetroppe verlaat met die
ideaal: om in die ongetemde Suid-Afrikaanse binneland ’n eie staat
en samelewing tot stand te bring. Wie was hierdie Trekkers waarvan
die geskiedenis vertel? Hulle was tog mense van vlees en bloed, wat
gelag en gehuil, geeet, geslaap en gedroom het. Hoe het hulle die
talle struikelblokke op die trekpad oorkom? Was daar tyd vir pret
en plesier of was elke dag ’n stryd om oorlewing? Op trek, die
resultaat van omvattende kultuurhistoriese navorsing wat met die
oog op die 150ste herdenking van die Groot Trek gedoen is, het die
eerste keer in 1988 verskyn. Buiten teks, bevat dit foto’s en
illustrasies wat ’n nabyblik gee op die daaglikse lewe tydens die
Groot Trek – aan die hand van wat beeldende kunstenaars verewig het
en persoonlike besittings van die Trekkers wat behoue gebly het,
soos dagboeke godsdienstige en ander boeke, wapens, kledingstukke,
gebruiksartikels en foto’s.
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.