![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus! Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help. Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: 1. Perdedrome 2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007) 3. Anri se plan 4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008) 5. Die beroemde ruiter
Die laaste vyf immergewilde Stalmaats-boeke is ook nou in ’n lekkerlees-omnibus beskikbaar! Kom word vir oulaas deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: Wegholrit Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor die afrigtingskamp wat voorlê. Maar wat gaan skielik met Karen aan? Anri-hulle moet probeer uitvind wat fout is met Karen, voor dit te laat is ... Waaghals Die dag van die afrigtingskamp het uiteindelik aangebreek! Maar een van die ruiters in Anri-hulle se groep is ’n regte waaghals wat daarvan hou om die reëls te verbreek. Sal Anri-hulle kan keer dat sy haar toekoms as kampioen-ruiter verwoes? Perdepiekniek Ná die briefie wat Jacques by die kamp in Anri hand gestop het, is dinge tussen hulle skielik heeltemal anders. Megan reël ’n piekniek saam met Jacques en sy vriende. Maar dan kry hulle onverwags baie slegte nuus oor die hingsvulletjie Storm … Pretrit Anri is opgewonde toe sy hoor haar beste vriendin van haar vorige ryskool kom kuier. Anri kan nie wag om Nadine aan Megan en Karen voor te stel nie. Maar Nadine lyk nie baie opgewonde oor die vakansieprogram wat Anri-hulle by die ryskool beplan nie. Perdediewe Anri-hulle gaan die langnaweek Kaap toe. En Jacques kom saam om te kyk hoe dit met sy perd, Thunder, en haar vulletjie, Storm, gaan. Maar dan loop die ryskool waar die twee perde bly, onverwags onder gewetenlose skurke deur ...
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: - Sirkusperde - Afskeidsrit - Perdespeurders - Rivierperde - Stormnag
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan 'n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandelde en hawelose perde by 'n skuiling te red - waar Anri en haar maats is, is daar altyd hope pret! Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir die res van die Stalmaats moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: * Komaan, Karen! * Seeponies * Roset * Vrye Teuels * Gevaar op Dagbreek
Daar is 'n nuwe ruiter by die Dagbreek-ryskool. Anri, Megan en Karen is opgewonde om maats te maak met Sune. Maar hoekom tree sy partykeer so vreemd op? Hoe beter Anri die nuwe meisie leer ken, hoe meer is sy oortuig dat iets nie heeltemal pluis is nie ...
|
![]() ![]() You may like...
Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n…
Ivan Botha, Donnalee Roberts
Paperback
Mathematics for Finance, Business and…
Irenee Dondjio, Wouter Krasser
Paperback
R1,759
Discovery Miles 17 590
Martingale Methods in Financial…
Marek Musiela, Marek Rutkowski
Hardcover
R3,525
Discovery Miles 35 250
Operations and Supply Chain Management
James Evans, David Collier
Hardcover
High Note Level 1 Student's Book & eBook…
Catrin Morris, Rod Fricker, …
Paperback
R1,527
Discovery Miles 15 270
|