![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
Wanneer Josua een middag vir Eva de Winter in ’n Rotterdamse koffiewinkel ontmoet, voel dit vir hom onwerklik dat ’n begaafde regsgeleerde soos sy in ’n verhouding sou belangstel. Maar sy getuienis vroeër in ’n hofsitting interesseer haar – dit lei tot verdere afsprake, en algaande word hulle vriende. Dis eers ná hul huwelik voltrek is dat Josua begin begryp daar is iets onpeilbaars aan Eva. Hoeveel raaisels het sy van hom weerhou, en wat hy slegs d.m.v. obskure soekenjins oor haar kon naspeur?
’n Swaargewonde Jannes word bewus van die teenwoordigheid van engele om hom. Hy onthou die nag van sy geboorte, die begin van sy lewensverhaal... Jannes Hoop word armoedig op die Eiland groot. Hy ervaar alles met verwondering: die natuur, die tye saam met sy geliefde Myrte langs die rivier, sy verhouding met sy seuntjie Bas en met God. \’n Yslike dam en besproeiingskema word beplan en daar loop gerugte rond dat die Eiland oorstroom gaan word wanneer die dam voltooi is. Die geheimsinnige Tempelliers spoor die Eilanders aan tot verset. Jannes, onskuldig en op soek na ’n eie waarheid, word in die maalkolk van geweld ingetrek.
|
![]() ![]() You may like...
|