Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
In 1982 aanvaar Nico Smith ’n beroep na die NG Kerk in Afrika se Mamelodi-gemeente. Hy en sy vrou laat hulle gemaklike lewe agter en gaan bly in Mamelodi. Hier leer Nico en Ellen rêrig die hart van Mamelodi se mense ken, en beleef swaarkry saam met hulle. Hulle leer wat dit beteken om swart te wees in Suid-Afrika onder apartheid. Hulle leer ’n ander God ken, nie die God van Nico se vaders nie, maar die God van die verworpenes en die verdruktes.
In die 1980's verrys 'n vreemde struktuur in Mamelodi, 'n township by Pretoria. Die township-mense skud die kop en doop dit "Smith se Pampoenhuis". Dr. Nico Smith en sy vrou, Ellen, verruil hulle twaalfvertrekhuis in "wit" Stellenbosch vir die viervertrekpondokkie midde-in die woonplek van duisende swart mense – sekerlik die enigste wit Afrikaanse mense wat in daardie jare van opstand en ellende so iets sou waag. In Die dood van die God van my vaders vertel Smith, eertydse professor aan die NG Kerk se Kweekskool op Stellenbosch, die verhaal van sy vereenselwiging met sy gemeentelede in Mamelodi, maar dis nie net Smith se storie nie. Die titel is bowenal die verhaal van die gewone swart mense wat onder apartheid die "ellendiges van die aarde" geword het. Dit was die tyd toe meer as duisend wette elke aspek van hulle kom en gaan beheer het. Dit was ook die tyd van die struggle, wat onafwendbaar op bevryding moes uitloop. Die verhaal word met deernis en insig vertel, soms selfs met humor, en immer met ontsetting. Maar Smith onderneem meer as net 'n fisieke reis van Stellenbosch na Mamelodi. Daar in die township, waar mense onder die haglikste omstandighede hom verseker "Die Here hy is", begin hy indringende vrae vra oor die God wat in die kerk van sy vaders aan hom voorgehou is. Wanneer die God vir hom "sterf", ontwikkel hy 'n gans ander godsbeskouing as die van die konvensionele en dogmatiese gereformeerde leer. Hier is nietemin geen sprake van 'n "God-is-dood-teologie" nie. Smith het net God anders leer ken, en daaroor skryf hy uitvoerig en met oortuiging.
|
You may like...
|