Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 1 of 1 matches in All Departments
Deliktereg in Suid-Afrika is n ryke bron wat n lewendige en toeganklike inleiding tot die beginsels van die deliktereg bied. Deur die gemeenregtelike, statutere en grondwetlike komponente van die deliktereg saam te snoer, verskaf hierdie werk alle noodsaaklike gegewens binne die bestek van een, omvattende bron. Dit is op die leergang van die voorgraadse LLB-kursus toegespits, om as n deeglike en leersame oorsig van al die belangrike onderwerpe van hierdie dissipline te dien. Die samestelling van die boek weerspieel die logiese en sistematiese proses wat gevolg moet word wanneer mens n deliktuele aangeleentheid moet oorweeg, of daarvoor moet voorberei. Dit onderskei duidelik tussen die grondliggende aksies wat hierdie dissipline ten grondslag le, te wete die actio legis Aquiliae, die Germaansregtelike aksie en die actio iniuriarum. Deliktereg in Suid-Afrika het verskeie eienskappe wat daarop gemik is om n onafhanklike, kritiese en denkende omgang met die vakge bied te bevorder, waardeur die waarde daarvan as studentehandboek verhoog word. Die boek is ook n nuttige bron vir regspraktisyns wat opheldering verlang oor nuwe ontwikkelinge binne, of wesenlike beginsels van, die deliktereg.
|
You may like...
|