![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
Koester/Cherish is ? selfkoesterboek vir die voos van hart en siel, vir dié wat besef die lewe kán beter wees sonder ? adrenalien rush en dat koester nodig is vir elke dag se uitdagings. Die boek is tweetalig. Koester is iets waarvan Tanya haarself ontneem het, en om dit weer op die ouderdom van 55 te begin doen, was vreesaanjaend, maar iets wat sy met ope arms verwelkom. En nog ? groter lugtigheid is die teken van jou siel, nie net mooi prentjies maak nie, maar die neersit van die eerlikste sketse ooit wat jou binneste wys. Sulke sketse sal jy in Koester/Cherish vind. Dr ST Potgieter sê in die Voorwoord van hierdie boek: “Dit bring onderdrukte emosies na die oppervlak en help jou daarmee deel. Tanya toon die uitsonderlike begaafdheid om met tekenkuns én woorde ? boodskap aan lesers te bring. Maar nog meer as dit, sy doen dit op ’n besonder kreatiewe wyse deur buite die grense te beweeg van boksies waarin ons elke dag gedruk word. Dit bring raad, praktiese wenke en terapie byeen. Deur die terapie van skryf én inkleur kan jy weer lag, speel, dink, vrede en vryheid kry. In Koester/Cherish is Tanya op haar beste: kreatief, bevrydend, skitterend. Cherish/Koester is a self cherish book for the fragile of heart and soul, for those who realise that to cherish oneself is not a once off adrenaline rush but an everyday exercise. This is a bilingual text Tanya withheld cherish from herself, and to start this very important new approach at the age of 55 is a scary thought, but a life changer that she welcomes with everything she has. The biggest challenge of this book was not to sketch pretty pictures but to put her thoughts on paper in the most honest way possible, sketches which give insight into her life journey, life challenges, life lessons and daily epiphanies According to dr ST Potgieter, a well known psychologist, Colouring brings suppressed emotions to the surface, and helps you deal with them Tanya has the unique ability to combine her art and words to bring her message across She has a creative way of moving away from any of the boxes into which society tries to fit us This creativity brings practical, workable advice and therapy together in the most enjoyable manner Through the therapy of colouring in and writing, one discovers the value of laughter, calm and peace and the freedom of no rules (when picking up a colouring pencil) which brings a bit of relief from every day s woes In Cherish/Koester Tanya is at her very best: creative, liberating, brilliant.
Tanya O'Connor se inkleurboek vir volwassenes bied vir elke vrou en haar vriendin 'n ontsnapsessie in die vorm van inkleurterapie. Met haar sketse wag daar baie pret op jou. Kleur in na hartelus of laat dit sommer net erens le sodat enigiemand anders ook kan inspring. Ideaal vir daardie ledige minuut terwyl jy vir die kinders of manlief wag. Kenners bevestig dat inkleur goeie teengif is vir spanning; na 'n paar sketse los probleme hulleself op. Kom, kleur in!
|
![]() ![]() You may like...
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan
Paperback
|