![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Kook en Geniet Showing 1 - 4 of 4 matches in Kook en Geniet
"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos." Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber. Nou kan jy die gewilde aanbieder van Marinda Kook op VIA, se eerste kookboek geniet.
’n Keur van al Marinda se toekatyd-resepte, die goue gunstelinge waarmee sy grootgeword het! Vier die lewe en dek ’n feestafel wat kreun van oorvloed: beesstert, pasteie, kerrieafval, skaapstertjies, varkribbetjie, doeksagte lamstjops. Brode, patees en nostalgiese slaaie sorg vir bykos. Vir weeksaande is daar lipaflek-pastas en vir suikertande outydse Cremoratert, poffers en vele verassings. En as bonus–konfyte, souse, blatjang en ander inmaaksels staan nou ook hul plek vol in haar reseptespens.
Staan jy gereeld voor jou oop koskas en kopkrap vir inspirasie vir heerlike gesinskos of ietsie anders? Dan het Marinda Engelbrecht vir jou die antwoord. In haar derde boek wys Marinda hoe jy doodgewone blikkies en pakkies kan optower in spoggerige disse, wat met die grootste selfvertroue aan familie en vriende voorgesit kan word. Min mense sal die verskil proe tussen die watertandlekker-boontjiesop wat jy met blikkies en pakkies berei het en die ware jakob. Met ’n paar koskasbestanddele en gekoopte skilferdeeg kan jy ’n geurige pastei maak en jy hoef nie meer ure lank te swoeg met vleis, hoender- of visgeregte nie – blikkies en pakkies is die kitsantwoord. Pak met jou volgende kruideniersware-aankope ’n paar blikkies tamaties, peulgroente, sampioene, vis, vleis en natuurlik ingedampte melk en kondensmelk – in jou inkopiemandjie, en met Marinda kook met blikkies en pakkies byderhand kan jy feitlik enige smulgereg berei.
Marinda Se Kinderkombuis is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Die kinkel is die eksperimente wat in die boek voorkom, en wat met alledaagse kombuisprodukte uitgevoer kan word. Die resepte is maklik, vinnig en liplekker om te maak. Maak van die resepte vir jou verjaarsdagpartytjie, en dan kan jy en jou maats die eksperimente ook saam doen! Sjoe! Jy gaan só cool wees. Dié towerkookboek gaan vir jou wys dat die kombuis 'n wonderlike plek is!
|
![]() ![]() You may like...
The Diagnosis of Writing in a Second or…
Ari Huhta, Claudia Harsch, …
Hardcover
R4,093
Discovery Miles 40 930
|