Het jy geweet dat as jy cappuccino drink, daar 'n aap in jou koffie
is? Waarom staan 'n mens se strottehoof bekend as 'n adamsappel? Is
die dahlia regtig na die Sweedse plantkundige Anders Dahl vernoem
omdat die blomblare soos sy onversorgde baard en hare gelyk het?
Dié vrae het almal met eponieme te make: woorde wat gevorm is op
grond van mense of plekke se name. So is die dahlia, adamsappel en
cappuccino eponieme. In Die Aap in jou koffie beantwoord die
gewilde woordeboekmaker, Anton Prinsloo, ongeveer 2,000 van hierdie
soort vrae. Die skrywer se besondere humorsin maak dit 'n
andersoortige woordeboek – een wat 'n mens met 'n glimlag lees.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!