0
Your cart

Your cart is empty

Books > Health, Home & Family > Handicrafts

Buy Now

Die RAIN-Boek Van Natuurlike Seepmakery (Afrikaans, Paperback) Loot Price: R75
Discovery Miles 750
You Save: R20 (21%)

Die RAIN-Boek Van Natuurlike Seepmakery (Afrikaans, Paperback)

Bev Missing

 (sign in to rate)
List price R95 Loot Price R75 Discovery Miles 750 You Save R20 (21%)

Bookmark and Share

Expected to ship within 5 - 10 working days

Seepmakery is ’n bevredigende en kreatiewe tydverdryf – tegelyk terapeuties en uitdagend.

In hierdie boek word die proses eenvoudig aangebied, met hope idees wat jou sal help om jou eie resepte saam te stel. Dit rus jou toe met ’n basiese begrip van die chemiese proses agter seep-makery, sodat jy met die kleurriglyne, geur-formules en praktiese selfdoen-inligting oor gietvorms, afwerking, veroudering en verpakking jou eie kreatiewe pad kan loop. Vir handwerkers wat wil geld verdien met hulle seepmakery, is daar meer uitvoerige inligting op RAIN se webtuiste.

Volledige inligting oor die bestanddele en hoe hulle saamwerk, word gevolg deur stap-vir-stap aanwysings en foto’s vir die roer- of kouewatermetode van seepmaak, en etlike spesiale seepresepte van die skrywer. Daar is ook meer as 30 projekte met spesiale tegnieke, weer eens met stap-vir-stap aanwysings en foto’s. Algemene probleme word uitgelig, met moontlike oplossings, en die teks word deurgaans aangevul deur praktiese wenke en interessante brokkies inligting. ’n Gedeelte oor rasperseep en herwonne seep wys jou wat om met oorskietseep, afsny-stukkies en minder suksesvolle pogings se seep te doen sodat niks verlore gaan nie. Daar is ook ’n nuttige lys seepmaak-terme en kontakbesonderhede van verskaffers. Manjifieke foto’s wat spesiaal vir die boek geneem is, dra by tot die boek se visuele inspirasie en die boodskap van ’n sagte benadering met die gebruik van ekovriendelike bestanddele wat nie skadelik vir die mens of die natuur is nie.

General

Imprint: Metz
Country of origin: South Africa
Release date: March 2014
Authors: Bev Missing
Dimensions: 235 x 193 x 14mm (L x W x T)
Format: Paperback
Pages: 176
ISBN-13: 978-1-920479-97-8
Languages: Afrikaans
Categories: Books > Health, Home & Family > Handicrafts > General
Books > Afrikaans > Gesondheid, Huis en Gesin
LSN: 1-920479-97-X
Barcode: 9781920479978

Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate? Let us know about it.

Does this product have an incorrect or missing image? Send us a new image.

Is this product missing categories? Add more categories.

Review This Product

No reviews yet - be the first to create one!

Partners