Eleanor Baker se Die ander Marta het as tema die "dienende Marta"
wat met al haar verborge verlangens en vrese aanhou om haar rol
gedienstig te vervul, maar dan deur 'n groot ingryping (hier
grotendeels deur haarself geinisieer) geleidelik bevry word. Die
Marta van die titel is 'n middeljarige boervrou wat op 'n dag
breekpunt bereik, die motor vat en wegry na die Weskus met die idee
om 'n einde aan alles te maak. Maar haar selfmoordpoging misluk en
sy vind 'n tydelike heenkome in 'n eenvoudige klein
vissersgemeenskap. Die verhaal fokus ook op haar man, Hendrik, se
reaksie nadat hy agtergekom het sy's weg, en hoe hy ook uiteindelik
tot ander insigte kom. Die spel tussen man en vrou in 'n "gebonde"
situasie word vindingryk weergegee, en die verwikkelde grein van 'n
emosioneel verwaarloosde vrou soos Marta word met fyn insig
geteken. Die menslikheid en humor waarmee Baker alledaagse
ervarings uitbeeld, is een van die redes waarom haar boeke so
gewild is en sy soveel lojale lesers het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!