Die veertienjarige Lelanie Louw se ma spring onverwags saam met
haar nuwe man op 'n vliegtuig na Europa. Niemand het 'n idee
wanneer om haar terug te verwag nie. Inteendeel, dit lyk al hoe
meer vir die snipperige Lelanie of sy glad nie terugkom nie.
Skielik moet sy en haar ouer broer Dewald by hul pa in sy woonstel
intrek en teen wil en dank aanpas. Chambord-woonstelle in Pretoria
huisves verskeie vreemde karakters, sommiges met verskuilde agendas
- en soos enige kind weet, hou hoerskool al reeds genoeg uitdagings
in. Asof hulle lewens nie genoeg ontwrig is nie, raak dinge lelik
sodra Gustav Buitendach vir Dewald vra om vir hom 'n pakkie by die
woonstel af te gee. As jy jonk is van gees sal jy die emosionele
mallemeule saam met Lelanie geniet. Hierdie avontuur saam met die
onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg
Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!