In Londen sal sy kan vlug van alles, glo rykmansdogter Jaz. Veral
van die goed wat sy wil vergeet. Fashion is haar ding, maar beslis
nie skottelgoedwas in bars en loodgrys lug nie. Boonop is haar
woonstelmaats nie juis waaraan sy gewoond is nie. Die flambojante
Kaapse Frank staan reg om haar te help werk kry, maar watwou sal sy
wat Jaz is nou waitress speel? En Annika is alte preuts - sy nooi
Jaz dan glad saam na haar selgroepie! Maar nou is dit waar dat die
fabulous werk in fashion nie lyk of dit gaan gebeur nie. Kinders
oppas? Jaz moet dit maar 'n go gee, en die liewe klein Lily wat sy
so ontmoet is 'n deel van Jaz se ontwaking tot wie sy eintlik wil
wees. Haar gap-jaar word 'n tyd van leer wat sy wil doen met haar
lewe, leer om op haar eie voete te staan - al is dit gillend en
skreeuend - en uiteindelik ook leer wat 'n mens aan ander mense het
- allerlei soorte ander mense, ook die sexy Brendan...
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!