Books > Fiction > Genre fiction
|
Buy Now
Alleen Onder die Maan (Paperback)
Price: R328
Discovery Miles 3 280
|
|
Alleen Onder die Maan (Paperback)
(sign in to rate)
Price R328
Discovery Miles 3 280
Expected to ship within 2 - 4 working days
|
Nadat die ekonomie amper in duie stort, word die Suid-Afrikaanse
regering gedwing om die land met ’n buitelandse rekenaarstelsel
te regeer. Die rekenaarstelsel werk op kunsmatige intelligensie en
reguleer feitlik elke aspek van mense se lewens. Selfs hofsake word
deur ’n rekenaar behartig. In hierdie distopiese wêreld is alles
afhanklik van jou SOMSS-telling (System of Moral and Social
Suitability). Dit bepaal waar jy mag woon, watter kos jy by People
Eats mag bestel en hoe gereeld jy met People Move mag ry.
Responsible Citizenship Learning, ’n verpligte SOMMS-module, leer
jou die land se geskiedenis en wat dit verg om ’n goeie burger te
wees. Alleen onder die man vertel die verhaal van Jaco, ’n
80-jarige individualis wat krities is oor hierdie totalitêre
bestel, en sy seun, Pieter, wat as sy beroep rekenaarspeletjies
toets en nie besef hoe die stelsel persoonlike vryheid bedreig nie.
Die boek het twee verhaallyne: Jaco se aangrypende herinneringe aan
sy grootwordjare op ’n Vrystaatse plaas. Die tweede verhaallyn
volg pa en seun op ’n laaste besoek aan die plaas buite Kroonstad
in die huidige era waar alle plase gekonfiskeer en in megaplase
omskep is en robotte en geoutomatiseerde voertuie al die werk doen.
In ’n roerende beskrywing, vertel Jaco hoe sy broers die
maanlanding van 1969 op die plaas nagemaak het. Hy glo egter die
tegnologiese ontwikkelinge wat op die maanlanding gevolg het, het
die mens laat glo hy is god en het hierdie nuwe wêreld geskep.
Pieter is weer krities oor sy pa se generasie omdat hulle nooit
opgestaan het teen apartheid nie, maar die ironie is dat hy nie
besef hy leef in ’n ewe totalitêre wêreld nie. Die verhaal tree
nie net in gesprek met die Suid-Afrikaanse politiek nie, maar ook
met die politiek van Afrikaans-wees.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.