|
Showing 1 - 3 of
3 matches in All Departments
Wanneer Cazlee se pa een aand weer sy hande vir haar lig, slaan sy
terug. Voor sy haar kom kry, veg sy elke naweek by ’n onwettige vegklub
om kos op die tafel te sit en sy dobbelgewoonte te onderhou.
Sy droom van ’n matrieksertifikaat en ’n lewe ver weg van haar
swakkeling-ma, dronklap-pa en ’n vegkryt waarin min reëls geld. Maar
haar skoolwerk ly ál meer onder die laatnaggevegte.
Dan sien ’n voormalige martial arts-kampioen Cazlee se talent raak. Hy
bied haar ’n beurs aan by die skool waar hy taekwondo afrig en die
kampioentrofee in die visier het.
Ellamay, sy dogter, droom daarvan om in haar kampioen-pa se voetspore
te volg. Dat haar pa uit sy pad gaan om eerder van Cazlee ’n kampioen
te maak, lei tot wrywing tussen die twee meisies.
Dan gaan die wêreld van onwettige gevegte vir Ellamay ook oop. Dinge
loop lelik skeef en Cazlee moet 'n besluit neem wat haar hele toekoms
kan beïnvloed.
Gabby en haar niggie Georgia lyk baie na mekaar met hulle krullerige
hare, hoë wangbene en vol lippe, en toe hulle jonger was, was hulle
onafskeidbaar. Maar iewers het hulle vreemdelinge vir mekaar geword en
al wat hulle nou in gemeen het, is die bloed in hulle are.
Toe die matriekgroep van Barkley-Wes op ’n toer na Kaapstad vertrek,
ontdek Gabby dat Georgia se dagboek in haar rugsak is. Hulle ma’s het
vir hulle identiese blou dagboeke vir hulle gekoop, en hulle deel ’n
kamer, so dit kon maklik gebeur het dat sy die verkeerde dagboek
ingepak het. Dit beteken waarskynlik ook dat háár dagboek in Georgia se
besit is.
Kort voor lank kry Gabby se nuuskierigheid die oorhand en begin sy
Georgia se dagboek lees. Wanneer Georgia daarvan uitvind, breek ’n
volskaalse niggie-oorlog uit wat nie eens Kaapstad se
besienswaardighede of hulle vriende se pogings om raad te gee, kan keer
nie.
Gaan Gabby se verraad die niggies nog verder uitmekaar dryf of sal dit
dalk daartoe lei dat hulle mekaar beter begin verstaan?
Pa is weg, en skielik moet ek ’n grootmens wees. Ek wil nie die man van
die huis wees nie. Ek wil nie hoor hoe Ma in die stilte huil nie. Ek
wil nie hê Mason moet eendag opdaag en vra “Waar is Pa?” nie.
Ek wil teruggaan na twee jaar gelede – toe ek nog net Ethan was. Ethan
met die cool broer en ôsim ouers. Ethan wie se ouers Sondagmiddae in
die agterplaas gedans het. Maar op Vrydagaand het die dood Pa kom haal.
Hoe oorleef ek my eerste week sonder hom – en alles wat nou anders is?
Hoe haal ek nou asem?
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.