![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 2 of 2 matches in All Departments
Die veldwagter stap saam is nie 'n tradisionele veldgids in die sin dat dit tot in die fynste besonderhede verduidelik hoe om 'n spesifieke plant of dier te identifiseer nie (alhoewel die teks tog nuttige wenke gee om uitkenning te vergemaklik). Die doel met hierdie boek is eerder om te dien as 'n persoonlike gids of 'veldwagter' tydens 'n besoek aan die Laeveld. Dit ontsluit op 'n toeganklike wyse 'n magdom verklarende inligting oor die mees algemene diere en plante van die Laeveld en doen so weg, met die nodigheid om 'n stapel verskillende veldgidse saam te karwei. Die Veldwagter stap saam is 'n beknopte gids propvol interessante inligting oor 'n verskeidenheid onderwerpe, met inbegrip van soogdiere, voels, reptiele en amfibiers, ongewerweldes, bome, grasse, veldblomme en spoorsny, toegelig met honderde kleurfoto's wat help met die verklaring van diergedrag en uitkenning van algemene spesies. Die veldwagter stap saam is die ideale handleiding vir amateurnatuurkundiges van alle ouderdomme, insluitend nuwe besoekers aan die bosveld, vakansiegangers en aspirant 'veldwagters'. Wanneer 'veldwagters' in die toerismebedryf hulle opleiding ontvang, is dit juis die inligting vervat in hierdie boek wat hulle eerste moet baasraak. Enige 'veldwagter' wat sy sout werd is moet oor 'n grondige kennis van die natuur beskik om kliente se vrae sinvol te kan beantwoord en die beginpunt is altyd om die mees algemene onderwerpe in elke studieveld onder die knie te kry. Mettertyd kan veldwagters hul basiese kennis van die algemene onderwerpe uitbrei deur al meer gespesialiseerde bronne te bestudeer. Hierdie benadering kan natuurlik gevolg word deur enigiemand wat sy of haar kennis van die bosveld wil verbreed - en Die Veldwagter Stap Saam beloof om dit 'n genotvolle en deelnemende proses te maak!
This guide is packed with practical, interpretative information on the most commonly encountered animals and plants of the Lowveld - information that is usually only available if you have a game ranger or field guide by your side in the bush! It teaches people how to observe, identify and interpret what they see in the bush in a meaningful way, without having to wade through the reams of technical information found in most other field guides. The reader-friendly mind-map layout of the book, with pictures linked to brief but informative text boxes, makes pertinent information accessible at a glance. Other features include colour-coded chapters for ease of reference, while blocked information and icons in the mammals and trees sections provide technical details in a concise form. Hundreds of stunning interpretative images, highlighted keywords and a flowchart structure to each spread direct the eye to the different topics on each featured species, allowing the reader to pick out whatever is of interest to him or her. Game Ranger in your Backpack is an essential companion for amateur naturalists of all descriptions including first-time international visitors to South Africa's bushveld, annual local holidaymakers or aspiring 'game rangers'.
|
![]() ![]() You may like...
Dahkotah Land and Dahkotah Life…
Edward D (Edward Duffield) 1 Neill
Hardcover
R914
Discovery Miles 9 140
Boutiques - Lucien Boucher's Boutiques
James Russell, Neil Philip, …
Hardcover
R2,991
Discovery Miles 29 910
|