|
|
Books > Health, Home & Family > Gardening > General
This volume collects 50 stories of gardening invention, innovation
and discovery. Among them is that of Thomas Hyl, who in 1577
devised the first water sprinkler; Nathaniel Ward who began a craze
for indoor gardening in 1829 with his terrarium case; and Henry
Telende, who in 1720 grew England's first pineapple. From the
invention of the trellis, flower pots and the waterscrew in the
ancient world; via secateurs, jute string and flame guns in the
Victorian age; to the Gro-Bag and Flymo of modern times, the
ingenious achievements make an inspiring international collection.
In 'n klein tuin is dit noodsaaklik dat die ruimte deeglik beplan
en ook goed versorg word. Omdat 'n mens met 'n beperkte area te
doen het, verander die ontwerp beginsels ietwat, en kundige,
praktiese gebruik van die beskikbare ruimte is dus essensieel. So
kan 'n tuinpaadjie deel uitmaak van die spasie rondom die swembad,
en as dit 'n bietjie breer gemaak word, is dit sommer terselfdertyd
ook 'n bruikbare patio. Net so kan 'n klein swembad ook 'n water
verfraaiing wees. As die woonplek se boustyl geometries en hoekig
is, is reguit lyne verkieslik, tensy die beskikbare ruimte
voldoende is vir kurwes. 'n Mens kan plante van verskillende
hoogtes langs 'n skutmuur plant, en 'n houer met kleurvolle teen 'n
kantmuur kan 'n swembad of visdam interessant laat lyk. 'n Sitplek
wat natuurlik by die plante in die tuin inskakel, maak te veel
meubels op die patio self onnodig. 'n Kussing wat spesiaal vir die
sitplek gemaak word is boonop gerieflik en sorg vir 'n spatseltjie
bykomende kleur. 'n Klein tuintjie moet te alle tye onberispelik
lyk juis omdat dit nie groot is nie. Dan kan 'n mens dit n sy
geheel dwarsdeur die jaar geniet. Die geheim is om houers en
beddings altyd kleurvol te hou, hetsy met blomme of loof van
verskillend kleure. U plaaslike tuinsentrum sal u met raad en daad
bystaan sodat u klein tuin die hele jaar lank 'n lushof kan wees.
Onthou dat plante, net soos mense, kos en water nodig het, asook
nuwe potgrond en kompos en selfs 'n vars laag bogrond. Geniet u
tuin en mag die hoofstukke in hierdie titel wat handel oor ontwerp,
instandhouding, peste en siektes, houerplante en die reeks plante
wat vir klein tuine geskik is, u nie net inspireer om tuin te maak
nie, maar u ook jare van vreugde in u tuin verseker.
|
|