Books > Arts & Architecture > Music > Composers & musicians
|
Buy Now
David Kramer - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
Price: R307
Discovery Miles 3 070
|
|
David Kramer - 'n Biografie (Afrikaans, Paperback)
(sign in to rate)
Price R307
Discovery Miles 3 070
Expected to ship within 2 - 4 working days
|
David Kramer se bekendheid strek wyer as die Karoovlaktes. Sy
weghol-treffers en oorrompelende glimlag in die
Volkswagen-advertensies het in die 1980's 'n huishoudelike naam van
hom gemaak. Net meer as 'n dekade later het sy musiekblyspele saam
met Taliep Petersen internasionale roem gebring met vertonings op
die West End en Broadway. Maar wie is die man agter die kitaar en
die rooi velskoene? Die biografie onthul 'n woordkunstenaar wat kan
toor met Afrikaans, 'n slim sakeman en iemand met sterk beginsels
wat opstaan teen ongeregtigheid. Die boek vertel van sy
grootwordjare in Worcester en hoe hy sy stem as kunstenaar gevind
het. Dit vertel ook van die uiters private mens agter die "almal se
pel"-persona en van die skadukant van skielike roem. Kramer se
lewenslange droom om 'n stem te gee aan die randfigure binne die
Afrikaanse leefwereld het die afgelope dekade 'n werklikheid geword
namate hy die werk van bruin folk musikante van die Karoo begin
opteken het. As musikale antropoloog het hy 'n groot bydrae gelewer
om ons verstaan van Suid-Afrikaanse musiek verder uit te brei. Die
onthullende boek bied 'n rare blik op wat agter die skerms gebeur
het in die loopbaan en die lewe van een van ons gewildste
musikante.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.