|
|
Books > Afrikaans > Musiek
“Sy bly nog steeds ná 50 jaar in die vermaaklikheidsbedryf ’n nooi soos Min!” – André H. van Dyk
In hierdie pragboek word foto’s en memento’s uit Min Shaw se persoonlike fotoalbums en plakboeke opgeneem. Min se herinneringe aan haar kinderdae, haar transformasie van onderwyseres tot sang- en filmster, en die mense wat haar op haar pad na sukses gehelp het, word in haar eie woorde weergegee. Min deel verder snaakse staaltjies uit haar verlede, skoonheidsgeheime en interessante “Min-feite”. Sy vertel hoe haar geloof haar positief en plat op die aarde hou. Boodskappe aan Min van bekendes soos Corlea Botha, Franz Marx, Lance James en Leon van Nierop word ook ingesluit.
Hierdie bundel is 'n keur uit Anton se liedjies; (hi)stories en
"his stories", fabels en feite. Goosen se musiekloopbaan strek
reeds oor 25 jaar - 15 albums, 2 SARIE-toekennings, 2
SAMA-toekennings en 'n Geraas-toekenning (2002) vir sy bydrae tot
Afrikaanse musiek. Sy werk word gekenmerk deur reisverhale
(Liedjieboer), kulturele ontwaking (Lappiesland) en stedelike
beskouings (City/Stad).
Die ou bekende en geliefde FAK-sangbundel het in 2012 ’n welkome
aanvulling gekry. Liedjies wat die afgelope 40 jaar in Afrikaanse
musiek geblom het, kry plek in die nuwe Volume II. Hierdie nuwe
sangbundel maak plek vir 400 liedjies wat geskryf en gesing is
sedert die vorige uitgawe van 1979. Vanjaar, 2012, is ook die 75ste
bestaansjaar van die FAK-sangbundel en juis daarom is besluit om
die wonder van Afrikaanse musiek behoorlik te vier met die
uitreiking van ’n nuwe sangbundel. Die nuwe rubrieke sluit in:
Immergroen & populer; Kleinkuns; Kinderliedjies; Geestelike
liedjies; Tradisionele liedjies; Kunsmusiek en Koormusiek. Van die
gewildste en bekendste werke deur Afrikaanse musieklegendes soos
Rina Hugo, Ge Korsten, Chris Chameleon, Steve Hofmeyr, die Briels,
Anton Goosen en Laurika Rauch is in die bundel vervat, met treffers
soos Ballade vir ’n enkeling,De la Rey, Engel, Houtkruis en Kinders
van die wind. Kenners van Afrikaanse musiek, soos Mimi Coertze,
Wessel van Wyk, Anneke Lamont en wyle Christa Steyn was betrokke by
die keuse van die beste uit die nuwere Afrikaanse musiekskat. Die
nuwe FAK-sangbundel vervang nie die ou bundel met sy bekende
volksliedjies soos Aanstap Rooies, My hartjie, my liefie en Sarie
Marais nie. Die nuwe bundel is eerder daarop gemik om die skatkis
van Afrikaanse musiek wat bewaar moet word, uit te brei. Benewens
die rubriekindeling het die bundel ook ’n register volgens liedere
se titels en eerste reels.
Die FAK-sangbundel se eerste verskyning in 1937 was ’n belangrike
kulturele gebeurtenis. Sedertdien was dit so wyd in aanvraag dat
dit vier uitgawes en vyf herdrukke beleef het. In latere uitgawes
is liedere wat nie veel aftrek gekry het nie weggelaat en gewildes
wat vroeer ontbreek het, opgeneem. Tans word dit beskou as die mees
omvattende bundel Afrikaanse lirieke met bladmusiek en dit dien as
verwysingswerk vir ’n groot aantal kulturele organisasies,
koormeesters en skole. Dit is voorsien van ’n register volgens
liedere se titels en eerste reels sowel as ’n rubriekindeling,
waaronder vaderlandsliedere, natuurlirieke, liefdes-, kleuter- en
slaapliedjies en gewyde liedere. Bekende Afrikaans digters en
komponiste se talente word hier saamgevoeg, sowel as sensitief
vertaalde Afrikaanse weergawes van wereldwye gunstelinge.
Sulke Vriende Is Skaars bevat die geannoteerde briefkorrespondensie tussen twee seminale figure in die Suid-Afrikaanse Westerse kunsmusiek. Dit is die eerste keer dat briefwisseling binne die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenisskrywing gepubliseer word en is ’n publikasie wat ’n noemenswaardige bydra tot die dissipline van Suid-Afrikaanse musiekhistoriografie, asook tot Afrikaner- en apartheidshistoriografie, sal maak.
Dit toon die belangrikheid aan van verdere navorsing oor die geïnstitusionaliseerde posisie van wit kunsmusiek in Suid-Afrika. Benewens die briewe, word belangrike foto’s, afskrifte van faksimilees, telegramme en ander vorme van korrespondensie geplaas en groot klem geplaas op die visuele voorkoms van die boek.
In die motto van hierdie reeks liedtekste vra Amanda Strydom: “Moet ek skryf oor die liefde / Moet ek skryf oor politiek / Oor die menslike kondisie / Oor ons blou planeet se siek?”
Dit is ook dan juis wat sy doen – haar vlymskerp lirieke ondersoek hierdie temas op ’n meesterlike wyse. Alhoewel Amanda op die verhoog ’n onvergeetlike belewenis is, bewys Kaalvoet dat haar woorde selfs sonder musiek ’n slag kan slaan.
Kaalvoet het die eerste keer in 2004 verskyn en die destydse drukoplaag het uitverkoop.
Hierdie boek het ontstaan as 'n verhaal oor die lewe van 'n
besonderse mens: David Samaai. Maar baie gou besef jy dat dit
eintlik 'n boek oor 'n baie besonderse familie, die Samaai-familie
woonagtig in Paarl, is. Davy Samaai was 'n legendariese
tennisspeler, 'n begaafde musikant, 'n inspirerende skoolhoof of
hardwerkende onderwyser. Hy het ook met sy voorbeeld gelei.
Luister na die braste, wat kruisbeen oppie trap sit. Behalwe
entertainment, kry ’n taste wat Afrikaaps is! Aitsa, sy boots het
stars .. Aitsa, hy’s soe die star ... Aitsa, gloe dis waar .. Hy’s
John Wayne in Afrikaans! Sy kop in die wolke ... en sy voete stewig
op die aarde. Dit is HemelBesem. In hierdie boek nooi die gewilde
kletsrymer jou om saam te stap op sy lewenspad. Hy gesels reguit
oor die dinge wat hom gevorm het, die sake wat hom na aan die hart
le ... en hy doen dit in die taal van sy hart. Afrikaans. Oor sy
Afrikaans se hy: “Afrikaans is ’n groot deel van wie ek is. Dis die
taal waarin ek my in oomblikke van woede kras uitgedruk het. Dis
die taal waarin ek goed gese het terwyl ek baklei het, waaroor ek
agterna spyt was. Dis die taal waarin ek liefkosing uitgedruk en
ontvang het ... As Ma geskel het, of jy bang was ... dis alles
momente, en alle momente vorm my bestaan.” Daarom nooi hy met
hierdie boek lesers om ’n ander Afrikaans te leer ken. Elke
hoofstuk het Afrikaanse uitdrukkings uit sy grootword- en
leefwereld as vertrekpunt, en dit is vervleg met sy bekende
kletsrym-lirieke waarmee hy vlymskerp kommentaar lewer op
maatskaplike kwessies en dinge wat hom na aan die hart le.
Afrikaans music is a multi-million Rand industry in South Africa.
Artists like Steve Hofmeyr and Juanita du Plessis have both sold
more than a million albums, Kurt Darren and Nicholis Louw have
reached sales of more than 100 000 on most of their albums, and
festivals like KKNK and Aardklop and concerts like Skouspel are
fueling this vibrant industry. Afrikaans music also has a very rich
history. Before Nicholis was even born, singers like Carike
Keuzenkamp and Ge Korsten were recording, performing and selling
thousands of records. And between Die Briels of the 1930's and
Fokofpolisiekar of the new millenium lies seventy years and more of
very talented and diverse singers and songwriters. 50 Stemme - Die
Grootste Name in Afrikaanse Musiek is the first book of its kind
written in South Africa. The fifty artists were chosen after a long
and sometimes painful process by the writer, Ilza Roggeband, a
freelance journalist well known in the Afrikaans music industry and
recently nominated for an ATKV Mediaveertjie Award. Some are there
because they are the most successful artists in the history of
Afrikaans music, others are there because they were the first in
what they did - be it heavy metal, punk rock or 'tranetrekkers' in
Afrikaans - and some others are on the list because they were
responsible for writing some of the best songs in the history of
Afrikaans music. There are in-depth interviews with some of the
biggest names in the industry like David Kramer, Laurika Rauch,
Sonja Herholdt and Anton Goosen, interesting facts about where the
inspiration for some of the best loved songs in Afrikaans come from
as well as fascinating tales and funny stories about the legends of
Afrikaans music.
Populêre Afrikaanse musiekkunstenaars het sover goed gedoen in
post-apartheid Suid-Afrika en geniet die entoesiastiese
ondersteuning van lojale volgelinge. Hierdie ondersteuning word
aangevuur deur ’n komplekse stel emosies wat verband hou daarmee
“om Afrikaans te wees” in ’n kultureel pluralistiese samelewing.
In Plate en Politiek ondersoek Van der Merwe die interaksie tussen
populêre musiek en die ontvouing van ’n Afrikaanse kultuurpolitiek
vanaf die begin van die twintigste eeu tot die hede. Dit sluit ’n
soektog in na die eerste opgeneemde Afrikaanse liedere en
dokumenteer die daaropvolgende fases van musiekontwikkeling wat die
agentskap van ordinêre mense – kunstenaar en luisteraar –
weerspieël teen die agtergrond van fundamentele sosiale en
politieke verandering.
Dit besin oor beide die musiekhoofstroom en meer alternatiewe
musiek, en ontbloot onder andere, historiese voorbeelde van die
akkommodering van, en verset teen, die meesternarratief van die
Afrikanernasionalistiese ideologie, pogings van kulturele
entrepreneurs om beheer uit te oefen oor populêre Afrikaanse
kultuur, klassespanning, blywende rasse-eksklusiwiteit, protes en
sensuur, en die post-apartheid oproeping van Afrikaner nostalgie en
wit slagofferskap. Uiteindelik bied Plate en Politiek ‘n
on-onderbroke weergawe van , en ‘n kritiese blik op, meer as ’n eeu
van opgeneemde Afrikaanse musiek.
Kleur - my lewe, my lied is die resultaat van ses jaar se gesprekke
met Randall Wicomb ? van herinneringe aan sy kinderjare tot
vertellings oor die eensame bestaan wat hy nou voer. Die
onsekerheid rondom sy herkoms en sy moeder se pogings om hom teen
apartheid te beskerm het 'n onuitwisbare indruk op hom gelaat en
uiteindelik 'n kruis geword wat hy steeds dra. Randall se
sangloopbaan vleg tussen veranderende politieke omstandighede en
die behoud van Afrikaanse liedere deur om van hom 'n bekende en
beminde figuur te maak. Vir meer as veertig jaar sing hy van kleur
en liefde, van heimwee en hoop, en van amper vergete liedjies in
die taal wat so na aan sy hart is. In hierdie biografiese verhaal
vertel Randall van die humor, suksesse en mislukkings wat van hom
'n huishoudelike naam gemaak het. Hy gesels openhartig oor sy
familie en die duur prys van roem. Nou, na die diagnose van
gevorderde kanker, plaas hy sy lewe onder 'n vergrootglas om sin te
maak van die vele hoogte- en laagtepunte wat hy ervaar het. Sy
soektog na identiteit word 'n intense ontboeseming van 'n man wat ?
met 'n glimlag en 'n traan ? nie skroom om foute te erken en hoop
te deel nie. In Kleur onthou Randall die besondere mense wat sy
loopbaan beinvloed het asook die rol wat vreemdelinge in sy lewe
gespeel het. Die stories van sy besoeke aan Namibie en die
polisiestasie in Vereeniging laat hom steeds skater van die lag,
terwyl sy weergawe van die Griekwapsalms op 'n onlangse bootreis 'n
nuwe rigting aan sy lewe gegee het. Die titel van die boek is
doelbewus gekies om meer as een begrip te omvat. Randall Wicomb se
agtergrond, sy lewe en sy liedjies word 'n prisma waardeur sy
identiteit uiteindelik in fokus kom. Dit is die verhaal van 'n mens
wat, ten spyte van omstandighede, steeds sy gehore bekoor en strewe
na 'n beter toekoms.
’n Fotografiese herdenking van die lewe en loopbaan van Afrikaanse
musiek se superster. Steve Hofmeyr is een van Suid-Afrika se
suksesvolste musikante en gewildste akteurs, met ’n geweldige
aantal toegewyde bewonderaars. Die boek bevat foto’s uit Steve se
jong dae en sy deurbraak-jare in die musiekbedryf. Dit dek sy
loopbaan in TV, rolprente en musiekblyspele, met inbegrip van Agter
elke man, Egoli en 7de Laan. Dit volg sy loopbaan as ’n musikant,
met staaltjies oor elk van sy albums en foto’s van hom op die
verhoog, agter die skerms en op toer. Dit sluit ook Steve se
verhouding met die media, sy aktivisme en liefdadigheidswerk, en sy
gevierde loopbaan as skrywer in. Die boek bevat ’n magdom foto’s
met byskrifte wat Steve self geskryf het. Hierdie boek word
uitgegee in die jaar dat Steve Hofmeyr 50 word en sy 25 jaar in die
musiekbedryf vier, en is ’n moet-he vir al sy bewonderaars.
'n Gids tot die wereld se klassieke musiekrepertoire in Afrikaans
is nou bygewerk en uitgebrei om ook 'n lys van aanbevole
musiekwerke wat in enige basiese versameling tuishoort, en wat
almal in die teks bespreek word, te verskaf. Met toeganklike,
helder besprekings van meer as 700 musiekwerke en die verhale van
die bekendste operas en balette word die wereld van klassiek musiek
op besondere wyse aan die musiekliefhebber bekend gestel. Die
Latynse tekste vir die belangrikste liturgiese musiekwerke, soos
die Mis en die Requiem, word volledig verskaf, tesame met 'n
reel-vir-reel vertaling in Afrikaans.
|
You may like...
Not available
Heimwee
Sophia Kapp
Paperback
R380
R351
Discovery Miles 3 510
Anoniem
Chanette Paul
Paperback
R390
R366
Discovery Miles 3 660
Flaffie
Jaco Jacobs
Paperback
R130
R118
Discovery Miles 1 180
|