Mirre het een droom: Om as sanger in die Silver Sun Arena op
te tree. Dis te sê as die befoeterde en arrogante eienaar van die
arena, Eric Saunders, haar net ’n kans sal gee. Na ‘n geslaagde
oudisie kry sy uiteindelik die opening optrede vir ‘n bekende
oorsese musiekgroep.
Eric is nie voorbereid op Mirre nie. Hy verloor sy hart op haar en
dis duidelik dat sy dieselfde teenoor hom voel. Maar hoekom
skram sy weg as daar oor ‘n toekoms saam gepraat word?
Wat Eric nie weet nie, is dat Mirre aan ’n ongeneeslike
niersiekte ly. Net ’n nieroorplanting kan haar lewe red. Sy
worstel met ‘n besluit wat geneem moet word: Leef sy net een
keer en gun haarself die oomblik van geluk? Of stuur sy vir Eric
weg?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!