Hoekom sal ’n ou soos Juan van Wyk aan die TV-program Boer soek ’n vrou deelneem? Hy is nou wel nie getroud nie, maar dit beteken vir geen oomblik dat hy nie ’n vrou het nie. Om die waarheid te sê het hy omtrent elke vrou op die dorp presies net waar hy haar wil hê. Tussen die lakens. Volkome uitgelewer aan sy buitengewone lyflike vermoëns. Ja, daardie Bosveldplaas van hom ken die snak van ’n ekstatiese vrou.
Maar die ding is dat Juan nou al ’n ruk lank voel sy bedavonture moet rigting kry. En dalk help die TV-program. Dis in elk geval wat sy suster sê. En Marissa, die dominee se dogter, sê ook so. Dis dié dat hy nou wag dat die filmspan opdaag, want hy het tien meisies wat hom gaan help om agter te kom wat dit is wat hy wil hê. En dan lê sy lewe voor.
Nog nooit was Afrikaanse fiksie só warm nie. Nog nooit is daar so lekker op papier gevry nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
Swak
Tue, 9 Jun 2015 | Review
by: Chanele R.
Hierdie boek is werklik 'common'. Dit is geskryf om aandag te trek en niks anders nie. Dit is nie eroties nie, net plain pornografie. As jy belangstel in grafiese seks beskrywings, kan jy eerder 'n DVD koop of dit op die internet kyk. Ja ons almal het al na 'n erotiese foto of 'blou'video clip of self 'n stomende toneel op papier geloer, maar wragtig om hierdie boek 'n 'roman' te wil noem is om die woord tot sy uiterste te rek. Ek werk al jare in die boekbedryf, dus het ek 'n goeie verwysings raamwerk, en ja ek was nuuskierig gewees, soos wat enige mens sal wees. Maar hierdie boek is platvloers, iets waaruit mense net vir hulle vriende hardop gaan lees om hulle te skok. Hierdie boek is NIE vir iemand wat van seks tonele, vloekwoorde of 'n kombinasie van die twee hou nie. Dit is uiters grafies en elke bladsy bevat seks wat in detail bespreek word. Vroue word in detail bespreek asof hulle stukke vleis is wat die sogenaamde 'hoofkarakter' bloot bespring. Tafelberg Uitgewers se 'waarskuwing' agterop die boek se: "Daar is nog nooit so warm in Afrikaans op papier gevry nie" Gevry...?!? Ek dink dit is uiters onverantwoordelik van hulle kant. CD's, flieks en TV programme kry waarskuwings vir SNL, waar is hierdie boek sin? Moenie jou geld hierop mors nie - koop dan eerder 50 Shades of Grey.
Did you find this review helpful?
Yes (4) |
No (0)