Marcus Moore, half-Iers, roep sy armoedige ouerhuis in Skotland vaarwel toe ná 'n gewelddadige voorval. Sy oë is vol blink klippies en hy klim op 'n skip na Suid-Afrika. Sy droombestemming is die diggings in Kimberley en later die woelige Goudstad.
Hy is nie alleen nie: die myne wemel van dromers. Hy leer legendariese fortuinsoekers, swendelaars en selfgemaakte magnate soos Barney Barnato, ken. Hy skuur ook skouers met historiese figure soos Olive Schreiner, Cecil John Rhodes en Paul Kruger.
Dieper as Drome handel oor 'n fassinerende tyd in ons geskiedenis en die verhoog is wyd – dit wemel van aksie en drama. Oor alles val die skadu van die Empaaier. Daar is ook 'n tydlose liefdesverhaal aan die hart van hierdie roman.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!