![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments
Ernst is 'n aaklige kiem, 'n vreesaanjaende kiem. Die wetenskaplike wat hom ontdek het, Professor Pluk, is sy eerste slagoffer. Die dag toe die professor hom vir die eerste keer onder sy mikroskoop gewaar, spring hy op die professor en klim tot binne-in sy brein. Vandaar vermaak hy homself deur vreemde opdragte vir die professor te gee: hardloop die comrades-maraton met hoehakskoene, kam 'n kameelperd se kuif, nooi kannibale uit vir aandete, verf die marsmannetjies rooi … en Pluk gehoorsaam elke keer. 'n Heerlike absurde kinderboek wat kinders en ouers met humor en helderkleurige illustrasies vermaak.
Het jy al ooit gewonder hoe die wereld was voordat daar skole bestaan het? Wat het mense van hulle wereld geleer? Het hulle gese dat die engeltjies piepie as dit reen? Het hulle geweet van mense soos Napoleon en Paul Kruger? Was kinders regtig veilig teen 'n onvoorbereide toets?'n Skreeusnaakse boek vir kinders wat verwag dat dinge beter moes wees voordat daar skole was. Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar wiskunde, geskiedenis, musiek en fisika nie regtig saakgemaak het nie. Terselfdertyd herinner dit die leser op humoristiese wyse waarom kinders skool toe moet gaan. Met groot illustrasies, waterverf met bruin potlood en gepaste raak sinne en uitdrukkings wat die illustrasies telkens aanvul en ironiseer.
Het jy al ooit gewonder hoe die wereld gelyk het toe jou pa klein was? Was daar al dinge soos skole, kantore, yskaste en TV’s? Hoe het mense vir mekaar sonder e-pos boodskappe gestuur? Het hulle regtig doodgegaan van iets soos verkoue omdat daar nog nie medisyne was nie? Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar die wereld baie meer primitief en gevaarlik was. Groot illustrasies in waterverf en bruin potlood word telkens met 'n gepaste skreeusnaakse kort sin vergesel.'n Skreeusnaakse boek vir kinders wat vermoed dat hulle pa’s uit 'n ander wereld kom.
Dit is nag. In die slaapkamer van 'n slapende dogtertjie, stry 'n wolf en 'n nagmerrie. Die wolf wil die dogtertjie wakker maak om haar die skrik op die lyf te jaag. Die nagmerrie wil haar aan die slaap hou sodat hy haar in haar drome kan verras. Wie kan haar die meeste bang maak? En wat gebeur as die wolf self 'n aaklige nagmerrie kry? 'n Skreeusnaakse boek wat met kindervrese klaarspeel. Met verbeeldingryke illustrasies waardeur die skrywer die leser om die bos lei: Wat is realiteit en wat is droom? Klanknabootsing maak die boek ideaal vir voorlees.
|
![]() ![]() You may like...
Bamboozled - In Search Of Joy In A World…
Melinda Ferguson
Paperback
Social Justice for Children and Young…
Caroline S Clauss-Ehlers, Aradhana Bela Sood, …
Hardcover
R3,125
Discovery Miles 31 250
The British Anglers Manual; Or, the Art…
Thomas Christopher Hofland
Paperback
R689
Discovery Miles 6 890
|