Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Showing 1 - 5 of 5 matches in All Departments
Lank gelede was daar ’n man en sy vrou wat baie graag ’n kind wou hê. Ná 5 jaar het sy nog steeds nie ’n baba gehad nie en sy was siek van hartseer. Om haar te troos het haar man vir haar ’n heerlike slaai gemaak. Daarvoor het hy raponsieblare in hulle buurvrou se tuin gaan pluk. Maar toe vra ’n kwaai stem: "Hoekom steel jy my raponsies?" Hulle buurvou was ’n heks en sy was baie kwaad!
Lank gelede was daar ’n pragtige meisie. Sy het in ’n huis saam met haar stiefma en haar twee stiefsusters gebly. Sy moes die huis skoonmaak, en hulle het haar Aspoestertjie genoem. Die prins van hulle land het ’n groot partytjie gehou. Hy wou trou en het al die jong meisies na die dans genooi. “Ai, ek wens ek kan ook na die dans toe gaan,” het sy gesug. Hierdie titel is deel van 'n heerlike reeks eenvoudige voorlees-stories.
Kinders vanaf 2 jaar gaan hope pret hê met die oulike tonele in hierdie boek wat hulle kan inkleur en met plakkers versier. Die boek sluit 100 plakkers in wat spesiaal vir klein handjies gemaak is. So leer kinders speel-speel meer oor allerhande soorte voertuie. Boonop help die boek kinders om hul waarnemingsvermoë en fyn motoriese vaardighede te ontwikkel deur in te kleur en die korrekte plakkers te kies en te plak.
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 290 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle tydens kleuterskool aanleer, verder te ontwikkel!
Lank gelede was daar drie varkies wat saam met hulle mamma in ’n pragtige huisie gebly het. Hulle was baie gelukkig so saam. Die varkies het elke dag groter en sterker geword. Op ’n dag was hulle varkstoeltjies skielik te klein vir hulle. Toe sê Mamma Vark: “My liefies, julle is nou mooi groot. Nou moet julle elkeen sy eie kos soek en maak, en vir hom ’n huisie bou.” Hierdie titel is deel van 'n heerlike reeks eenvoudige voorlees- stories.
|
You may like...
|